Man dán verhoor oor Centurion-seun se dood

Siphiwe Mahlaba in die hof. Foto: Mia Spies/eNuus

Siphiwe Mahlaba (29) wat aangekla word in verband met die dood van Ruan Viljoen het Woensdag in die landdroshof in Pretoria verskyn.

eNuus berig die saak van strafbare manslag teen Mahlaba is uitgestel sodat sy regspan kan voorberei vir die verhoor wat op 6 Februarie sal begin. Mahlaba is nie in aanhouding nie en is gewaarsku om die verhoor by te woon.

Viljoen (18 ten tyde van sy dood), wat in 2016 aan die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria matriek behaal het, se liggaam is in Maart verlede jaar in die vroeë oggendure ʼn paar honderd meter van sy motor langs die N14-snelweg gevind.

Ruan se ma, Anita Greyvenstein (regs voor), in die hof. Foto: Mia Spies/eNuus

Anita Greyvenstein, Viljoen se ma, het voorheen aan Maroela Media vertel haar seun het vermoedelik beheer oor sy motor verloor waarna die motor oor die middelman en die teenoorgestelde bane gery het voordat dit aan die ander kant van die pad teen ʼn boom tot stilstand gekom het.

Viljoen was in staat om uit die motor te klim en het sy selfoon gevat, die motor gesluit en was vermoedelik op pad na ʼn nabygeleë vulstasie om sy ouers te bel toe hy deur ʼn motor doodgery is.

Die skuldige in die ander motor het van die toneel af weggejaag en Greyvenstein het ná die ongeluk onderneem om nié te rus tot die skuldige vasgetrek word nie.

Ruan (Foto: Facebook)

Mahlaba is glo die eienaar van die voertuig waarvan onderdele op die toneel gevind is en wat vermoedelik in die botsing betrokke was wat Ruan se lewe geëis het.

Viljoen het ook vroeër aan Maroela Media gesê dit sal tog ʼn mate van berusting bring indien die skuldige in die voorval eindelik boet.

“Ons hoop natuurlik dat die skuldige gestraf gaan word, maar dit gaan nooit my kind terugbring nie. Maar in ʼn mate sal dit seker berusting bring. Dit maak ʼn mens klaar om nie te weet wie verantwoordelik is vir hierdie seer nie.

“Maar ons wou antwoorde hê. Hoe kan ʼn ma so iets net los? Jy kan nie. Ek sou nooit nie. Al sou dit my 20 jaar geneem het of selfs tot die dag dat ek my kop neerlê, ek sou aanhou baklei het; ek is dit aan Ruan verskuldig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Perry ·

Sjoe hierdie MA moes alles doen om die man op te spoor wat haar kind vermoor het .. hoekom was die polisie so traag of is hulle nie opgelei genoeg om hierdie ondersoeke ordentlik te doen nie of beskerm hulle iemand? So bly daar is darem iemand wat verantwoording gaan moet doen . .

PIPPIE LANGKOUOS ·

En om nie eers te praat van al die geld wat hulle moes spandeer vir hulle eie ondersoeke nie!!! Hierdie Ma en Pa het basies die polisie se werk vir hulle gedoen, anders was dit anyway net onder die mat ingevee. Trots op julle Anita en Sergei

EP ·

Weereens word saak uitgestel. Die man is skuldig. Hoekom neem dit so lank om hom te vonnis. Ek bevraagteken ernstig ons regstelsel.

Sanet ·

My hart breek steeds elke keer as ek ‘n berig hieroor lees. Soos sy sê. Niks gaan haar seun terugbring nie. Maar die minste wat hierdie man kon doen, was om te stop, en steeds hulp te ontbied. Dit sou net die menslike ding wees om te doen. Lafaard.

Tammy ·

Die skuldige het moord gepleeg en moet dienooreenkomstig gestraf word. Hy het van n ongelukstoneel gevlug sonder om die slaoffer te probeer help. Hoop die regter doen dit volledig. Sit hom lewenslank in die tronk!!!

Anoniem ·

My hart huil oor die hartseer in hierdie pa en ma se lewens.

As alle kinders maar net ouers gehad het wat soveel vir hul kind omgee soos hierdie twee mense. Hulle sou nooit hul pasgebore baba in die asblik gooi nie.

susan pietersen ·

Ons hoop die skuldige kry wat hom toekom soos die mans wat verantwoordelik was vir die dood van die tiener wat van die bakkie afgeval het.

Koos de Meyer. ·

Tref en trap en jaag weg en hy loop buite rond. Hoe siek het ons regstelsel geword. As dit anders om was , was die persoon verhoor af wagtend in die tronk. Maar ja daar is mos net sekeres wat mense regte het.

Michelle ·

Wat ‘n pragtige seun was dit hierdie nie.
So innig jammer vir sy ouers.
Ek volg hierdie storie vandat dit gebeur het.
Bly die skuldige is opgespoor.
Sterkte vir die hele gesin.

Vinkie ·

Wel gedaan Anita! ek sou ook nie gerus het nie. Ons kan net vir jou bid dat Vader jou eina sal ligter maak. Ruan was ‘n pragtige, pragtige jongman – mens kan dit sommer sien.

George ·

En die “meneer” loop vry rond net met ‘n waarskuwing???

James ·

Hoe kan hy rond loop met n waarskuwing en die KFC mense met woorde is nou nog in selle met geen borgtog nie. Wat gaan aan hier.

Lee ·

Hierdie Mamma verdien al my respek. Ek haal my hoed af vir haar!
Die beskuldigde het GEEN gewete nie.. SAD.
As hy enige iets meer as 8jr gevonnis word weet ek darem nie.
Waar is ONS mense..? Hoekom betoog ons ook nie by die hof sodat die middestad tot stilstand kom nie… SAD.. weer..

Penelope ·

Ek voel so jammer vir die Ma en familie. Mag God julle vertroos. Ek hoop die man kry wat hom toekom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.