Man deel glo vrou se foto’s op sekswebwerf

(Foto: pixabay)

’n KwaZulu-Natalse man word van strafregtelike laster, intimidasie en afpersing aangekla nadat hy foto’s van ’n vrou sonder haar medewete op ’n sekswebwerf geplaas het.

Die vrou is erg getraumatiseer nadat sy oorval is deur oproepe van mans wat haar wou besoek.

Mohamed Fories Hoosen (38) is onlangs, ná ’n lang ondersoek, in Chatsworth in hegtenis geneem nadat die vrou die plasing van die foto’s by die polisie aangemeld het.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê die vrou het op 28 Augustus inligting ontvang dat foto’s van haar op ’n sekswebwerf geplaas is. Dít nadat sy talle boodskappe op sosiale media en e-pos ontvang het van mense wat seksuele dienste aanbied.

Gwala sê dit blyk dat Hoosen ook foto’s van die vrou se familielede en ander mense na aan haar op die webwerf geplaas het.

Hoosen is Donderdag in die Durbanse landdroshof op borgtog van R5 000 vrygelaat en sal na verwagting weer op 7 Julie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Mudguard ·

My ouma grootjie is my nog steeds dankbaar na ek haar fotos gedeel het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.