Man deur aanvallers in polisiesel doodgeskiet

Argieffoto

ʼn 38-jarige man wat in aanhouding by die Ngangezwe-polisiestasie in Mthatha in die Oos-Kaap was, is deur vier mans met klapmusse vermoor toe dié stasie in die vroeë oggendure aangeval is.

Dié man sou vandag in die Ngcobo-landdroshof verskyn het.

Kol. Brenda Muridili, woordvoerder van die polisie, het gesê daar word beweer dat vier gewapende mans die polisiestasie net ná middernag binnegegaan het en die beamptes aan diens met vuurwapens aangehou het.

“Twee boosdoeners het na die aanhoudingselle beweeg en beamptes het verskeie geweerskote gehoor. Die verdagtes het daarna almal van die toneel gevlug,” het Muridili gesê.

Die man is ná die aanval dood in die sel aangetref.

Niks is tydens die voorval gesteel nie.

Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, het opdrag gegee dat die 72-uur-aksieplan in werking gestel word om die oortreders vas te trek.

Die man wat deur die aanvallers doodgeskiet is, is op 29 Julie in hegtenis geneem vir die onwettige besit van vuurwapens.

“Die multidissiplinêre span wat geaktiveer is, sal die motief vir die moord ondersoek.”

Sitole het bygevoeg dat die veiligheid van beamptes en mense wat by polisiestasies aangehou word een van die hoogste prioriteite is.

ʼn Saak van moord word ondersoek.

Die aanval volg sowat ses maande ná die Ngcobo-polisiemoordtog in Februarie skokgolwe deur die land gestuur het. Gewapende rowers het die Ngcobo-polisiestasie tussen Mthatha en Queenstown bestorm en beroof. AO Zuko Mbini (45), konst. Zuku Ntsheku (38), konst. Nkosiphendule Pongco (32), konst. Sibongiseni Sodlana (32) en konst. Kuhle Metete (27) is tydens die rooftog doodgeskiet. Freddy Mpandeni (58), ʼn afgetrede soldaat van die Suid-Afrikaanse Weermag, is ook doodgeskiet toe die verdagtes van die toneel gevlug het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Amelia ·

Nee kyk, as die polisie dit nie kan uitwerk nie…….eish.
Ek is nie die skerpste potlood nie en het dit ook dadelik gedink.

DERICK ·

dis n skreiende skande, dit gebeur oor sekuriteitsmaatskappye hulle (SAP ) oppas (wat lagwekkend is) , as x -polisieman se ek jip, dit gebeur net in RSA.
as hulee die (SAP) hulself nie kan oppas nie, hoe pas hulle die publiek op en handhaaf wet en orde…..

Theresa B ·

Net so Lientjie. Gou-gou stilmaak voor hy in die Hof verskyn. Niemand moet weet waar al die vuurwapens vandaan kom nie.

Nettie ·

Iemand is permanent stilgemaak ……………………..

Hulle het seker geweet die polisie-beamptes aan diens slaap alreeds na 00:00 en het die aanval vir net ná middernag beplan. Dis ‘n wonder geeneen van die polisiebeamptes se vuurwapens is geroof nie ……..

Hansie Slim ·

Miskien moet hulle maar vir die SAPD kantore buurtwag of sekuriteit maatskappye aanstel…?

Lala land ·

? Goeie idee… alarm sisteem en paniek knoppies vir SAPS by plaaslike buurtwag en sekuriteit firmas !! Ek het nou lekker gelag vir jou baie slim oplossing…

Tipies ·

BOOSDOENERS is deesdae ‘n beskrywing vir moordenaars en verkragters van ‘n sekere afkoms in SA. Die Waterkloof 4 is as veroordeelde moordenaars beskryf, terwyl hierdie moordenaars BOOSDOENERS is .. dit is darem amazing hoe die media met WOORDE kan speel om kriminele te laat goed klink.

Andre ·

Die enigste mense wat nog veilig is in Suid Afrika is die passasiers in die blou lig motor brigades.

Tokkolos ·

Wat van 48 hours Gaan vang bietjie tips op crime kanaal Jul sal jul ga… afskrik as jul sien hoe word sulke tipe sake opgelos Ja duidelik het hy aan n gangster behoort en hul was bang hy praat Komaan SAPD begin by sy vriende kring

Johan Barnard ·

Ek dink hy het dalk geweet wie in die regering of SAPD is medepligtig aan die ‘onteiening sonder vergoeding’ van vuurwapens uit SAPD kluise

Bosvark ·

Wat gaan aan met julle dat julle hulle boosdoeners noem, hulle is moordenaars niks anders nie. Word wakker.

ADK ·

Stem saam………………hierdie is moordenaars, niks anders nie.

Gangsta ·

“Snitches end up in ditches”
Ek wonder die slagoffer se getuienis dalk die SAPD en/of Regering se donker vuurwapen werk kon ontbloot het.

marous ·

Miskien moet die sap by die buurtwag aansluit …dan is hulle veilig.

Vaalknapie ·

Ek is self n eks SAP lid. Daar het van die Polisie wat ek geken het en waaronder ek gedien het NIKS oorgebly nie. Louis Brandeis het gesê”If the government becomes the lawbreaker, it breeds contempt for the law, it invites every man to become a law unto himself, it invites anarchy.” Wat anders is dit as anargie as selfs die polisie onder kriminele booswigte deurloop? Mense ons ou volkie moet begin wakkerskrik en onsself bewapen want dit is laat in die dag.

niks

p

Saps pion ·

Laat die minister optree teen bevelvoerders wie lede dwing om alleen in n dienssentrum moet werk. Die publiek weet nie wat die omtandigjede is waaronder SAPD moet werk nie. Tyd dat SANCO of AFRIFORUM self polisiestasies besoek en hulle vergewis van omstandighede. Help nie jy vra die bestuur nie – hulle lieg en bedrieg die publiek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.