Man deur badkamervenster op plaas geskiet

Argieffoto: Pixabay

ʼn 56-jarige man is Woensdagaand tydens ʼn aanval op ʼn plaas in Mpumalanga deur ʼn badkamervenster geskiet.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het Donderdag aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 22:10 op ʼn plaas in die Balmoral-omgewing, wes van Witbank, plaasgevind.

“Nico Minnie en sy vrou het die honde hoor blaf en ondersoek ingestel deur ʼn flitslig te gebruik om deur die vensters na buite te skyn,” het Cameron gesê.

Hy het gesê daar word vermoed dat minstens drie verdagtes buite die huis was.

“In ʼn stadium het die man vanuit die badkamervenster met die flitslig geskyn toe daar skielik ʼn paar skote afgevuur is. Twee koeëls het die huis getref en een is deur die badkamervenster en het Minnie in die hand en skouer getref.”

Die aanvallers het daarna by twee verskillende plekke in die huis probeer inkom. Minnie se vrou het hulp ontbied. “Hul naaste bure het vinnig reageer en by die huis opgedaag, waarna die aanvallers te voet op vlug geslaan het,” het Cameron bygevoeg.

Paramedici is ontbied wat Minnie na ʼn nabygeleë hospitaal geneem het vir behandeling. Die Vosman-polisie en die polisie se honde-eenheid was ook op die toneel om na die verdagtes te soek.

Volgens Cameron is Minnie se 77-jarige pa in 2016 op dieselfde plaas aangeval en het hy drie maande ná die voorval weens sy beserings beswyk.

Kol. Mtsholi Bhembe, provinsiale polisiewoordvoerder, het Donderdag die voorval aan Maroela Media bevestig.

Die Vosman-polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Niks is tydens die voorval geroof nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Hanna ·

Ek dink boere moet begin deur twee vlagpale naby hul huise te plant: hys dan die ou landsvlag en die Vierkleur (of enige ander vlag uit die ou bedeling). So kan boere virseker wees dat hul plase dag en nag deur die polisie dopgehou sal word. Dus kan hulle sommer dadelik op die toneel wees sou die misdadigers toeslaan.

Piet ·

Die probeem is eintlik dat, sou die boer skiet na die persone buite en een doodskiet, is daar ‘n moontlikheid dat sy makkers vlug en n dooie man in jou tuin agter laat (dalk sonder ‘n wapen), dan sal die boer verseker tronk toe gaan. Met die huidige misdaad situasie in SA in ag geneem, behoort mens n wet te he wat soortgelyk is aan Texas se “make my day law”. Hierdie wet gee jou die reg om op te tree teen n persoon op jou eie perseel.

rollie ·

Ek hoor nou op RSG Groenewald sê dat 40% van alle aanvalle op plase en kleinhoewes is op swart mense. Moet sê nie gedink dis so hoog nie want mens hoor net van die aanvalle op wit mense wat die indruk skep dat net wit mense “uitgewis” word.

Verkeerd ·

Ag dis absolute snert .. jy probeer nou net almal se hokke hier skud. Ek het die regte statistieke van die TLU en dit is absoluut TWAK. Die swart aanvalle word wel aangemeld en veral deur hoofstroom media en Sowetan verkondig … dis verseker NIE op plase nie, dalk in TOWNSHIPS en daarmee stem ek dan saam .. Die vraag is net WIE vermoor hulle??? Dieselfde mense wat die wittes vermoor ..

Gerrit ·

Daar is n groot verskil swart mense word vermoor waar wit mense gemartel,verkrag ,verneder hulle kinders gemartel en dan vermoor .

die wit wolf ·

Se’ maar so…100% so!!! Terwyl die blanke nogsteeds salig onbewus in n’ oorlog situasie leef..die blanke het gedink dat hy in 94′ klaar was met politiek – maar die marxistiese politiek is nog lank nie klaar met hom nie

Troedels ·

Julle bedoel seker 3 maande na die aanval, aan sy beserings beswyk, nie beswerings nie.

Sterkte aan al die boere

Tania Heyns ·

Dagsê Troedels

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania
nms Maroela Media

Lollie ·

Ek dink Malema sit ook met ń ‘wish list ‘ en elke geslaagde plaasaanval tiek hy een af. Hy sit agter al hierdie aanvalle! Mense raak bang op plase en as hy hulle daar kan afkry is dit mos grond wat hulle kam vat. Plaasboere moet meer witmense op die plase kry. Gee gratis verblyf en laat hulle ook ń werk op die plaas doen. Baie werkloses wat baie sal gee vir so geleentheid. Weet dis nie maklik nie maar tye het baie verander. Kry eerder mense wat jou kan help in nood aswat julle dalk vermoor word of van die plaas af gedryf word.

Koos ·

Soos kibboetse? Baie blankes is te goed vir sekere werk, sal eerder bedel vir dieselfde loon.

Rooi Jan ·

Die meeste blanke werkloses of laat ek sê die wat by verkeersligte staan en bedel wil nie werk nie veral nie op n plaas nie. Hulle sê hulle verdien meer deur te bedel en die werk is minder.

Sê maar so ·

Joe Olivier. Jy is reg. Daar is mos geen swart rassiste nie, net wittes. Dit is mos hulle reg om te sê die wittes moet doodgemaak word, afgeslag word, oë uitgesteek word, ens. Waag jy om dit te sê en die tronk is jou voorland.

Albatros ·

Ek neem was RSG se met n knippie sout. Hulle het te lekker saam met Pienaar daar in Stellenbosch gekuier.

Willem Witwaks ·

Uhm…nee. En enigeen wat daardie statistiek vir soetkoek opvreet het ‘n duidelike gebrek aan breinselle. Indien daar wél swart mense vermoor word, is dit verseker nie deur blankes nie.
Skrik asb tog net wakker!

SA MOORDMUSEUM ·

Maak n argief van alle dorp en plaasaanvalle op alle bejaardes, kinders, babas, burgerlikes, en plaas dit in n moordmusuem met selfde status as apartheidsmuseum, hier of oorsee. Genoeg moorde, nou tyd vir internasionale hulp om orde hier te skep.

Janet ·

Kan dit nie glo nie! Met ‘n flitslig buitentoe skyn is soveel soos jou aanvaller baie duidelik vertel waar jy jou bevind!

Frikkie Geld en huis ·

Ja, Janet, ek kan dit ook nie glo nie. Dan het die man seker boonop gedink dat die rower stil gaan sit soos ‘n haas as hy die flitslig in sy oë skyn.

Koos ·

Stem saam, dit was nie baie slim van hom nie. Bly hy’t oorleef. As hy goeie buiteligte gehad het was dit nie nodig nie.

PJC ·

Ja Janet ek stem saam met jou. Dit wys ook weereens hoe onopgelei en oningelig ons mense is. Ek wonder ook of hierdie mense ń wapen gehad het om hulle mee te verdedig sou die aanvallers dit regkry om die huis binne te dring.

Dada ·

Ek is laas Oktober geskied 10 meter ver met haelgeweer. God my gespaar. Ken die boef. Polisie werk nie – God sal hom hanteer. Gaan volstroom aan op my plaas. Flip praat van emigreer! Kom jong rakkers en immigreer plase toe! Ek het BAIE pojekte wat pRojekte kan word. 082 668 1440. Wil nie geld maak nie – eerder my Volk verryk.

Dada ·

Cobus, jy het my selfoonnommer 082 668 1440. Ek naby Swaziland by Piet Retief. Ek ernstig oor planne.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.