Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Smith het glo Vrydagaand voer uitgesit vir die buffels.
“Een van die buffels het hom glo gestorm en hy het geval. Die buffel het hom deurboor en doodgetrap,” sê Otto.
Otto sê Smith is op die toneel dood verklaar. Sy sê ‘n geregtelike doodsondersoek sal gedoen word.