Man deur buffel doodgetrap

Foto: Wikipedia

Foto: Wikipedia

Brian Smith (71) is deur ‘n buffel deurboor en doodgetrap op ‘n plaas in die Gravelotte-distrik in Limpopo.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Smith het glo Vrydagaand voer uitgesit vir die buffels.

“Een van die buffels het hom glo gestorm en hy het geval. Die buffel het hom deurboor en doodgetrap,” sê Otto.

Otto sê Smith is op die toneel dood verklaar. Sy sê ‘n geregtelike doodsondersoek sal gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.