Man deur buffel op Limpopo-plaas deurboor

Argieffoto: Wikipedia

Argieffoto: Wikipedia

ʼn Man is Sondag dood nadat hy deur ʼn buffel op ʼn wildsplaas naby Gravelotte in Limpopo deurboor is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die man, in sy dertigs, was vermoedelik besig om die diere te voer toe die buffel hom deur ʼn oop hek gestorm het.

“Paramedici is na die teelplaas geroep waar hulle die man se liggaam op die grond by die buffels se voedingsplek aangetref het. Hy het verskeie wonde opgedoen en daar was niks meer wat paramedici vir hom kon doen nie. Hy is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê.

Die polisie sal die voorval ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

HEVW ·

Deur n oop hek bestorm. Werk daagliks met hulle en so kom daar n misplaasde vertroue in wilde diere. Ook onverantwoordelikheid is hier tersake. My simpatie, maar dit was onnodig.

Chris ·

Mense het n mispersepsie ontrent wild diere, die feit dat hy op n plaas groot geword het maak hom nie n melk koei nie, die selfde geld vir wilde katte en ander bok spesies, as hulle in n kamp groot word maak dit hulle nie troetel diere nie, hulle bly wilde diere met wilde, natuurlikke instinkte.

George ·

Dit kan nie genoeg beklemtoon word nie. Wanneer met diere gewerk word (mak / wild) wees versigtig en hanteer die diere met respek !

Linda Wissekerke ·

Wilde diere word nooit “mak” nie ! Veral as jy hulle voer is daar altyd – tussen hulle ‘n gevoel van een word voor die ander voorgetrek !

Wees versigtig asb . !

ANDRE ·

n Buffel is n bok , en n bok is n blikskottel.Jy moet NOOIT te gerus wees naby hulle nie.Het al n duur les geleer daaruit.Sterkte vir die familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.