Man deur hond aangeval

Argieffoto

ʼn 68-jarige man het ernstige beserings opgedoen toe hy Vrydagmiddag by ʼn huis deur ʼn hond aangeval is.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het omstreeks 13:00 in Phoenix, KwaZulu-Natal, plaasgevind.

“By ons aankoms op die toneel is die man op die grasperk aangetref waar paramedici van ʼn ander ambulansdiens hom behandel het. Die man het ernstige beserings opgedoen en is met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling.”

Van Huyssteen het gesê die man het na bewering in die tuin gewerk voor die hond hom aangeval het.

Die presiese omstandighede rakende die voorval is onbekend aan paramedici. Die polisie was op die toneel om ondersoek in te stel. Dit is nie dadelik bekend watter soort ras die hond is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Anneline ·

Moet asb nie net die hond uitsit nie. Ondersoek en vind uit presies hoekom die hond gebyt het. Dis onmoontlik dat ‘n hond net sommer sal aanval sonder rede. Hy mag voorheen geterg gewees het en’ n hond vergeet nooit.

don ·

Die hond moet van kant gemaak word en klaar. Volgende keer is dit n kind . Wat dan !!!!!!

Hond ·

Ek hoop die honde is alreeds as gevare uit die samelewing verwyder sodat hulle niemand meer gaan aanrand nie.

Pop ·

Geen hond val net n mens aan nie. Daar is altyd n rede. Hulle ken nie ons tale nie, nog minder watse seine ons afgee met handgebare nie. Hulle tree op na wat hulle as gevaarlik sien of beleef. Om presies daardie rede het ek my honde in die huis en as hulle buite is onder slot en grendel. Ook geen werkers nie. Jys op jou eie as jy my eiendom betree. Ek gaan nie eers probeer keer nie want dan sal hulle my ook aanval. Instink het dan klaar ingetree.

Bok ·

Elke eienaar van ‘n hond is verantwoordelik vir die hond se optrede en is verantwoordelik gevolglike skade.
Sou hy nie na behore vir sy troetel dier kan om sien nie moet hy vervolg word tot by oom Dankie in die kalwer hok!!!!!

PIPPIE LANGKOUS ·

Ag nee Pop, jy praat nou bog. My buurvrou het Woensdag aand doodluiters uitgestap na die posbus toe om pos uit te haal toe die mense oorkant hulle hulle hek oopmaak. 3 Boerboele het op haar afgestorm sonder dat sy eers na hulle kant toe gekyk het. Nou nog in hospitaal.

Poppen ·

Waar kom jy daaraan pop? Meeste hondaanvalle gebeur in openbare plekke, en op onskuldige verbygangers.

Cor ·

Ek sien dit is nie bekend wat die hond se ras is nie, ek hoop dit is nie n withond nie. Wil ook net se n hond onderskei nie tussen n nens en n bleek mens nie as hy wil aanval sal hy. In die week gelees van n 18 jarige vrou wat deur haar honde aangeval is Ek voel jammer vir die mens en daar sal natuurlik nou n ondersoek wees en die raslosr hond is seker klaar uit die samelewing verwyder.

Onnie ·

Hoeveel mense moet nog deur honde verskeur word voor mense gaan besef jy los nie ‘n “loaded gun” oop en bloot waar dit ander onskuldige mense in gevaar stel nie. Honde is troeteldiere, nie wapens nie. Moenie honde aanhou wat iemand kan verskeur nie. Op die ou end ly die honde ook want dis net hul instink.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.