Man deur hond doodgebyt

Argieffoto: https://pixabay.com

Argieffoto: https://pixabay.com

ʼn Man, in sy 60’s, is Saterdag deur sy hond doodgebyt op ʼn plot in Hercules in die weste van Pretoria.

Konst. Tumisang Moloto, woordvoerder van die polisie, het gesê die man het omstreeks 14:30 die hond, ʼn Rottweiler, se hok skoongemaak. “Die hond het hom aangeval. Sy vrou en die tuinier kon daarin slaag om hom tot in die huis te trek.”

Volgens Moloto is die man op die toneel dood verklaar. ʼn Geregtelike doodsondersoek is begin.

Maroela Media het vroeër berig ʼn driejarige dogtertjie is dood nadat sy en haar sesjarige boetie deur die gesin se honde aangeval is in Wiggins, Durban. Die boetie het ernstige beserings opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Lorna ·

Flip RIP jy was beste buurman ooit so jammer jy moes so doodgaan jy wat jou laaste vir jou medemens gegee het sterk wees Annemarie jy is in my gebede mag God jou styf vashou in sy hande Flip gaan jou geselsies so mis en ek loer elkekeer by venster uit of jou bakkie nie tog maar uit of intrek nie:-(

wilma ·

Hond munie hok he waarin hy staan ni. Hy moet net hok he waar hy in en uit kan beweeg. Honde in hokke en honde aan kettings. Nee nee nee. Pittbulls kind doodgebyt. Ek al pittbulls vi twintig jaar. Wanneer ek hul kry is dit soos ons kids. Ali liefde ini wereld. Raas nooit want dit ni nodig. Maar onnosel mense wil pittbulls aanhou

shrekie ·

Alhoewel dit baie hartseer is vir die oom se afsterwe, moet ek tog saamstem dis vir moeilikheid soek om veral n rotweiler in n hok toe te maak. Hoe langer hy in n hok is, hoe kwaaier en gevaarliker word hy – selfsteenoor sy eie huismense. So-ook met pitbulle. Pitties is baie liefdevolle honde, MITS hul reg grootgemaak word.

RUS IN VREDE FLIP!

[email protected] ·

Wilma dankie dat jy verstaan. Dit is nie ALTYD die hond se skuld nie. Die honde word aan kort kettings vasgemaak, soms met bloudraad om hul nekke en baie word in hokke ( kennels) aangehou. Honde moet ook liefde en aandag kry. Ek is 70 jaar oud en alleenlopend en het ELF honde-kinders en het nog nooit probleme gekry nie. Hulle loop vry rond op die kleinhoewe, geen kettings of hokke nie.

Marinda Snyders ·

Dis jammer dat dit gebeur het, maar ek stem 100% saam met hierdie persoon. Diere wat in hokke aangehou word, raak aggresief en haal ongelukkig hulle frustrasie op een of ander stadium op iemand uit. Hoekom hou mense diere in hokke?

pibull girl ·

dit verstom my dat mense n hond wil koop en in n hok toe sluit veral die meer ‘AGRESIEWE” HONDE hulle is gemaak om speelgoed stukkend te byt rond te hardloop ons het 3 pitbulls en een ding is verseker as jy hulle nie spasie gee nie gaan hulle mal raak

Fransie ·

Ek kan regtig nie glo daar is sulke gevoellose mense soos REGTIG hierbo nie. Lorna, mooi woorde en ignoreer asb die onnodige lelike kommentaar. So jammer vir jou buurvrou oor die tragedie. Sterkte.

Joan ·

Dis baie hartseer – Maar die hoeveelste berig die week van honde wat Iemand dood byt ? Hoeveel nog voor mense besef dat sekere honde net nie troeteldiere kan wees nie ? Dis net in hulle natuur om aan te val en te veg !!!

Mpie ·

(Joan, jy praat snert)
Aan Flip se familie, sterkte, jul is in ons gedagtes en gebede!

shrekie ·

Joan, dis snert! Enige hond kan n troeteldier wees. Selfs jou kleinste hond kan gevaarlik wees. Ek het n pitbull gehad en sy was fantasties met kinders! Maar moenie net in erf instap nie. Dis HAAR erf en jy oortree. As ek by was en laat jou in, was sy verskriklik liefdevol. Dis net mooi snert dat rotweilers, boerboele en pitties gevaarlike honde is. ENIGE HOND KAN GEVAARLIK WEES!

jemma ·

Ek het al 20 jaar net rotties.Die lieftalligste honde wat da is.Hierdie klein hakskeenbytertjies is gevaarliker as hulle?

Basjan ·

Altyd erg as so iets gebeur…..Lorna jy het alle reg om hier kommentaar te lewer veral omdat jy die slagoffer ken……moet jou nie aan die idiote steur wat jou afskiet nie……jy kry die soort oral

Stingel ·

En daar kom die gewone ou groepie weer op vir die aggresiewe Pitbulls. La la la laa

Ouvrou ·

Lees mooi! Dis ‘n Rottweiler! Met misdaad in die land sal mense ‘n krokodil aanhou. Dit is waghonde en.mense hou hulle aan omdat hulle nie eens veilig in hul eie huise voel nie. Eks baie jammer vir die arme man se vrou. RIP

Nel ·

Ja-nee die spulletjie is met die mond nog gevaarliker as Pittbulls en Rotweilers.

Naamloos. ·

Ou stingel, ek het ook so gevoel tot ek n pitbull aangeneem het. Ek was woedend toe my vrou die hond by die huis aanbring. Fantastiese hond as jy hom ordentlik groot maak. Myne is net n plesier. Ek het ook pitbull eienaars veroordeel in die verlede soos jy nou doen, maar vandag oordeel ek jou. Jy is oningelig en jy weet niks van die honde af nie. Ek het ook soos jy gevoel en ek verstaan. As ek ooit weer n hond moet kry, sal ek weer n pitbull kry.

Rina ·

REGTIG!! REGTIG nou… waar is jou menslikheid???? Ken jy die presiese omstandighede???? Tssk moenie dat ek my nou vir julle wat so snedig is vererg nie!! Die oom se hond was NIE toegemaak in n hok nie…of KAN julle dit bewys? Lorna sterkte v jou ook wat jare al buurvrou is. Sterk staan saam met die tannie nou. Dis wat die oom sou wou gehad het.

Annie ·

Dit is so hartseer … mense hou diere aan om hulle te beveilig in ons kriminele vrot land … en dan gebeur dit!!

Angelique ·

As dit ñ pitbull was sou dit in hoofletter grskryf gewees het, of ek lees Maroela Media verwys na hulle as veghond???? Dit was sekerlik weer ñ boerboel of rotweiler. My pa is by DBV, en jammer om julle pitbull haaters se babbel te bars, meeste byt gevalle nou is Boerboel. Natuurlik nie die breed se skuld nie dis a.g.v inteeling, “backyard breeding en natuurlik kruis van rasse. Snaak hoe ñ kind dood is en al wat mense ook kan kommentaar lewer is wat was dir ras van die hond…. Wat die hart van vol is, loop die mond van oor.

Johnny ·

Rerig mense dit was my Pa gewees en ek kan nie glo dat mense so ongevoellig kan wees. So kom ek stel dit net reg die hond was nie in n hok gewees of toe gemaak in n hok nie. My pa wou die hok wat hy rond getrek het in die agter plaas terug op sy plek sit toe die hond hom vir geen rede aangeval het. So vir die wat nie weet wat gebeur het of niks goeds kan se nadat iemand aan die dood afgestaan is bly dan eerder stil. Dankie Lorna en vir die res wat wel respek toon.

M'Lady ·

Ek se nie dit was in hierdie geval so nie en baie sterkte vir die familie. Ek sien elke dag honde wat van die more tot die aand aan hulle eie lot oorgelaat word. Hulle moet buite bly, buite slaap en buite eet. Interaksie met die familie is minimaal, Honde moet deel wees van n gesin. As die hond nie binne die huis kan bly en slaap nie, nie stimulasie van enige aard kry nie en op sy eie moet voortploeter is hierdie aanvalle in die meeste gevalle onafwendbaar. Onthou honde is tropdiere. Ek sou se in meeste gevalle is Suid-Afrikaners nie goeie troeteldier eienaars nie.

Ag nee verkeerde plek en tyd ·

Werklik is dit die verkeerde tyd en plek om raad te gee, n Man, Pa en vriend is DOOD en julle almal weet meer as die familie wat verkeerd gegaan het en hoe om dit reg te stel! Selfs nadat die seun&bure verduidelik het, lyk my party mense besluit hoe goed gebeur het asof dit so beplan was, dit is NIE n draaiboek, dit is realiteit. Hond se skaduwee /beskerming/son/wind af keer, OOP dag hok is deur hond geskuif, man wou dit regskuif…… wys ten minste al is dit dan nou net uit ordentlikheid respek vir die gesin en familie

Pietsepan ·

Rottweilers is wrede maar tog liefdevolle honde. Nogtans sal die omstandighede waarin die hond sy baas aangeval het interessant wees. Ek het nog steeds deernis met die familie en vriende.

jemma ·

Jy is reg.Op die ou end kan ons dalk net onsself blameer vir hierdie tragedies.En ek is ook skuldig hieraan.

Ekke ·

Ons innige simpatie met die familie van die oompie wat aangval is en sy lewe verloor het deur n Rotweiler. Nou wie gaan nou vir my se dat n Rotweiler het nie tande nie? Dis agresiewe honde daardie maak nie saak hoe jy daardie hond oplei of groot maak nie sy ” bad day” gaan hy kry en sy kop gaan uithak. Sterkte aan die familie van die oompie.

Melanie ·

Ek het n Rottie en hy is die liefde self. Hy is ons als. Dis strooi om tesê alle Rotties en pitbul honde is so want dis nie waar nie. Mens kry bokkies wat ook net so kwaai is. Ek dink dit hang maar van hond tot hond af. En die manier van groot maak kan dit ook seke wees. Maar nie alle honde kan onder die selfde kam geskeer word nie. Sterkte met Flip en sy vrou

Kobus ·

Lorna…Jammer ek die berig nou eers gelees…Moenie jou aan al die negatiewe kommentaar steur….Doen wat jou hart vir jou se…Jul goeie bure…Ondersteun die familie…Dis die regte ding om te doen…Want dit sou hul vir jou gedoen het soos Johnny se kommentaar getuig….Sterkte en krag vir jou en die familie.

Gert ·

Mense most weet party honde is maar van nature meet aggresief as ander. Ek her not nie gehoor van bv n Labrador wat sy eienaar aangeval her nice. Men’s hoor nogal gereeld van persons wat deur n rottweiler of n boerboel aangeval word.

Claire ·

I am a lab owner and love the breed, but don’t for a second think they are not capable of attacking people viciously.
Read the report on dog attack stats in the US and Canada. Labradors were involved in 56 attacks where humans were seriously injured, and there were 3 deaths attributed to purebred labradors. In the wrong home any dog can turn on an owner.

Cacophony ·

Weereens word die skuld voor die deur vd eienaar geplaas sonder dat daar ‘n ons bewyse is dat hy die skuldige party is. Wat is dit met julle “diere mense”? Julle soek elke verskoning in die boek om die dier se optrede te regverdig. Heaven forbid dat sekere honde rasse maar net meer geneig ka om te byt as ander. Daardie moontlikheid weier julle volstrek om te oorweeg dis makliker om die goeie eienaar soos Flip of die 3 jarige onskukdige kind die skuld te gee as om te aanvaar dat julle brakke problematies is. Respek vir mense lewens en aanspreeklikheid os duidelik eienskappe wat julle nie oor beskik nie.

pixie ·

Cacophony – het jy al gesien wat doen ‘n onskuldige kind , pappa se laatie en ouma en oupa se blou oog bulletjie aan ‘n hond? ‘n Pomerarinium was vol pellet patrone geskiet – dit het een vir een uitgesweer. Die Toypom hondjie se een ogie is uitgeskiet deur julle onskuldige ou bloedjies.

Tanya ·

Ek het oom Flip persoonlik geken en hy was n wonderlike,opregte man gewees mag hy in vrede rus.

Clive ·

Het 6 boerboele…. liefdevolste honde wat ek ken … als gaan oor hoe jy jou honde groot maak… rus in vrede oom Flip… My gebede is met jou en die familie

pixie ·

Clive … good for you. Hulle kry seker baie liefde en aandag. Hou so aan! Ek stem saam dit is hoe jy jou hond/e grootmaak.

Nicolene ·

Was soooo geskok toe my ma my die nuus meedeel….gaan ons kuiertjies mis daar by die groot ronde hout tafel onder die groot boom by die voëlhokke.
Oom Flip, nou is Bonnie – oom se jare lange honde kind herenig met oom.
Oom sal vir altyd voort leef in ons harte.
Sterkte my tannie en familie.
RIV

Koos Jfb ·

Oom Flip was ‘n fantastiese mens. Sterkte aan Annemarie en familie.
Gaan jou baie mis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.