Man deur hond verskeur

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man in sy 30’s is kritiek beseer nadat hy glo Maandagoggend in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, deur ʼn hond verskeur is.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 09:40 in Deodarstraat in Eastwood plaasgevind.

“Volgens inligting van die toneel, het die man verby ʼn huis geloop toe die hond hom aangeval het. Oor die presiese rede van die aanval word egter nog bespiegel en die polisie sal dit ondersoek,” het Botha gesê.

Botha het aan Maroela Media bevestig die man was ʼn voetganger en is op die sypaadjie aangeval.

“Die man is erg deur die hond verskeur en het wonde oor sy hele liggaam opgedoen.”

Paramedici het onverpoos gewerk om die man te stabiliseer, waarna hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Botha kon nie dadelik bevestig watter soort hond die man aangeval het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Peet Schabort ·

Ek gaan ook bespiegel. ‘n Hond val nie sommer iemand aan nie. Dalk is die hond geterg (of voorheen) deur die persoon of selfs deur iemand anders. Dalk moes ek “dalk” in die sin weggelaat het? Wie weet? Dalk en miskien is ek reg?

Dave ·

Jou bespiegeling is waarskynlik verward. Ek het meer kere gesien dat ‘n hond bloot aanval. ‘ Vet varkhond teef het opgespring en my bokant die knieg gehap en lomp neergeplons en verder geslaap. ‘n Gekruisde varkhand het agter my aangehardloop en my ook bokant ‘n knieg gehap. Albei kere het dit my salf en ‘n langbroek gekos. Ek het ‘n jong swart vrou wat met haar kinders by ‘n huis verby gestap het en op die sypaadjie gestorm is, van beserings gered deur die hond te verjaag en aan die eienaar (wat bekend was aan my) gesê dat ek vir haar sal getuig as sy ‘n saak maak teen hom. Dalk moet jy weer raai.

Peet Schabort ·

Dave, ek raai dat (vark)honde nie van jou hou . . . .
Waarom nie kan ek maar net bespiegel . . . .

Dallentjie ·

Toe ek nog ‘n kinder was, het ek en my ma een dag gaan stap (sommer so deur die woonbuurt). Toe ons verby ‘n sekere huis loop, kom die hond uitgehol en storm grommend op ons af. Al wat ons gered het was dat die eienaar vinnig genoeg was om die hond terug te roep.
En dan ook, ons famlie-hond het op ‘n keer ook by ons hek uitgestorm toe ons inry (die hond was altyd so bietjie van ‘n dik-dooi – maar het op hierdie spesifieke dag skielik meer lewe getoon). Niemand het (sover ons weet) ooit die hond geterg nie. Ek was vinnig genoeg om die hond te gryp voor hy iemand kon byt.
Nee wat, dit is nie altyd die persoon wat verby stap se skuld nie. Sommige honde is maar net meer geneig daarnatoe.

Nicolene ·

Wonder darem of “die man” net in die straat verby geloop het?? Hy het nie net DALK probeer inbreek of iets nie???

jacques ·

Ook so vermoede hoe het die hond uitgekom en die vorige mense wat verby geloop het?

Neptunus ·

Enige voetganger of drawwer of fietsryer mag seker die betrokke pad gebruik het? Kom ons hoop hy oorleef en stel ‘n enorme eis teen die hond se eienaar in, of wie ook al die dier laat uitkom het. Dis sommer nonsens dat honde buite hul mense se eiendom rondloop, dis weereens omrede die munisipaliteite nie wetstoepassing doen nie. Sulke diere moet geskut word en fris boetes betaal word voor hulle teruggegee word. Reeksoortreders se honde moet bloot vernietig word of “aan die slaap gemaak word”.

J.Z ·

Jy het n lesensie nodig om n vuurwapen te besit omdat dit as gevaarlik bestempel word en jy n kurses moot loop om dit te hanteer en dit mense kan beseer.Hoekom nie ook n lesensie vir n hond ook nie,n eksamen afle van hoe jy hom moet behandel en harteer.Honde is net soos vuurwapens gevaarlik en kan mense verongeluk.Die SPCA kan dit aanbied en so ook hul eie inkomste kry.daar is te veel mense wat honde aanhou en nie weet hoe om hul te behandel en te hanteer nie,geen offening nie, geen diseplinne nie.laat honde vry in straate rond loop terwyl hulle in die werk is.laat hul toe om in die dag en nag teblaf en so buure te hinder, ens, ens,ens.

Ronell ·

Honde is uitstekende karakter ontleders….. hulle byt as hulle geterg en afgeknou word of as hulle euwel ruik……! Honde is baie slimmer as wat ons hulle erkening voor gee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.