Man deur honde verskeur

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 59-jarige man is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy Woensdagmiddag in ʼn veld in Meyerton, in Gauteng, deur twee honde verskeur is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die man het omstreeks 17:00 in die veld langs Louis Trichardtweg geloop toe die twee honde op hom afgestorm het.

“Die man het erge bytwonde aan sy arms, bene, maag en kop opgedoen. ʼn Omstander het die aanval gesien en kon daarin slaag om die honde te verjaag, waarna die persoon die slagoffer bygestaan het totdat paramedici by die toneel opgedaag het.”

Die man is op die toneel behandel en na die Sebokeng-hospitaal geneem.

Beamptes van die Vereeniging-DVB en die polisie is na die toneel ontbied. Maroela Media het navraag by die Vereeniging-DBV gedoen, maar hulle het gesê die inspekteur wat op die toneel was, is nie nou beskikbaar nie.

Maroela Media wag vir terugvoer van die polisie en die Nasionale Dierebeskermingsvereniging oor die omstandighede rondom die aanval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Jimmy ·

Wat maak sulke honde in die veld , oop erwe waar enige persoon of kinders kan loop ?. Tronkstraf vir die eienaar van die honde .

Peet J ·

Dit wil voorkom asof ‘n mens nêrens meer veilig is nie. Die eienaars wat sulke gevaarlike diere aanhou moet toesien dat die diere agter slot en grendel gehou word.’n Hond se tande is giftig en wonde genees nie so maklik nie . Indien dit rondloper honde is moet die DBV hulle van kant maak.

Jakoba ·

Honde het nie giftige tande nie Peet, daar is wel bakteriee in hulle bekke wat infeksies veroorsaak. Slegs slange het giftande.

PIXIE ·

Peet, wat het jy teen honde? JOU tande is meer giftig as ‘n hond sin en Jakoba praat die waarheid slegs slange het giftande. En Peet jou kommentaar: Indien dit rondloper honde is moet hulle van kant gemaak word. Wie se skuld is dit dat hulle rondloper honde is? MENSE wie hulle afgegooi / weggesmyt het. NIE die honde se skuld nie. Malinda ek stem 100% saam, die honde was of gegooi met klippe of GETERG hulle sal nie sommer aanval nie. As hulle weggooi brakke is sal hulle bang wees en weghol en nie aanval nie.

Klitser ·

Sou verskeur nie beteken dat die persoon oorlede is nie, wat nou nie hier die geval is nie?

Vra maar net.

Dit is baie hartseer dat die persoon aangeval is.

Elfie ·

Malinda – nonsens! Dit gebeur wel soms dat honde geterg word, maar lees tog die berig! Die man het in die veld geloop toe die honde hom bestorm – die honde moes in hul ERF agter toe hekke gewees het. Ek hoop die arme “sue” die bloue dinges uit die eienaar vir sy hospitaalkoste. Daar is te veel mense wat se diere net rondloop en mens lees hoevele kere van kinders en grootmense wat aangeval word.Daar moet streng opgetree word teen sulke eienaars!

PIXIE ·

Malinda, ek staan 100% agter jou, die honde was geterg of met klippe gegooi.

Michiel ·

PIXIE … en jy weet dit HOE? Daar is TONNE gevalle waar honde net aangeval het.

MissDemeanor ·

Ag hoe weet jy? Party honde is maar net gevaarlik en aggresief. Ek self is al deur ‘n hond gebyt bloot omdat ek met my fiets in die straat gery het. Rondloper honde moet uitgesit word, hul is ‘n gevaar vir mense en ander diere. Honderasse wat bekend is vir hul onvoorspelbare en agresiewe gedrag moet verbied word in bewoonde gebiede. Mens lees nooit van ‘n Labrador of ‘n worshond wat iemand doodbyt nie. Kwaai honde moet verbied word, of hul eienaars moet ‘n spesiale lisensie kry vir hul en gedwing word om die honde te neem vir opleiding.

MissDemeanor ·

Ag hoe weet jy? Party honde is maar net gevaarlik en aggresief. Ek self is al deur ‘n hond gebyt bloot omdat ek met my fiets in die straat gery het. Rondloper honde moet uitgesit word, hul is ‘n gevaar vir mense en ander diere. Honderasse wat bekend is vir hul onvoorspelbare en agresiewe gedrag moet verbied word in bewoonde gebiede. Mens lees nooit van ‘n Labrador of ‘n worshond wat iemand doodbyt nie. Kwaai honde moet verbied word, of hul eienaars moet ‘n spesiale lisensie kry vir hul en gedwing word om die honde te neem vir opleiding.

Estelle Claassens ·

Jy is skynbaar nie goed genoeg gebyt nie, die dat jy so bekkig is! ń Hond wat nie reggemaak is nie sal sonder enige aanmoediging sommer net aanval wanneer op hitte. Het dit self ervaar met my eie hond in my erf en sy was nie geterg nie nog minder mishandel. My seun het bloot ń Jack Russell wat sy aangeval het, voor haar probeer wegraak. Let wel, selfs my Labrador was aangespreek deur die Alsaitian se aggressie. Geen hond is onder alle omstandighede te vertrou nie!!!!!

HENNA ·

Giftig wel – waarom moet daar dan dadelik bek-en-klou inspuiting gegee word
vir enige hond byt ?

Mirinda ·

Dis klem-in-die-kaak inspuiting vir siekte wat deur bakterieë veroorsaak word. Die bakterieë kan enige wond besmet, nie net bytwonde nie. As jy bv. in glas trap kan jy ook besmet word.

Yvonne ·

Sjoe mense kalmeer, dis nie nodig dat ons mekaar persoonlik begin aanval nie

Vanes ·

Henna, Sy naam is klem in die kaak of tetanus toxoid vaccine. Bek en klou is by beeste en varke?!

Takkie Takuuza ·

Vanes, varke kry nie bek en klou nie.

Baie honde byt as hulle uitkom sonder om geterg te word. En as jy ‘n rooi fiets ry en pos aflewer, dan will al die honde jou byt, hulle waarsku mekaar blokke vêr as daai ou op pad is.

Elize ·

Daar is derduisende wat nie eienaars het nie!!! Dit is hoekom hulle STRAYS genoem word.. ‘n hond sal nie net aanval nie daar is altyd n rede daarvoor!!!!

Ben ☺☺☺ ·

Wat het die ou in die veld gemaak, hoekom loop jy in die veld, kyk jy waar `n mooi huis is – wonder maar net.

EMK ·

Ben, baie mense kies kortpad deur ‘n veld. Wit, swart en bruin. Wens almal wil bietjie dink voor hul net nonsens skryf. Regtigwaar. Waar staan dit iemand mag nie deur die veld stap nie? Honde hoort in hul erf. Agter toe hekke. Hierdie klink vir my nie na sg “strays” want die hol gewoonlik weg omdat hul mishandel is. Maar omdat dit nou weer klaarblyklik nie ‘n wit persoon is of ‘n kind nie, nou is dit maar reg. Ai mense….

Leeutjie ·

Ek het vir baie jare in Meyerton gewoon. Dis ‘n plattelandse dorpie met baie oop grond waar mense kan loop. Geensins so dig bewoon soos in die stede nie. Die arme man was op die verkeerde plek op die verkeerde tyd. Daar is nie eers gemeld van ‘n eienaar nie en mense raak op loop met dit. Ek stem saam EMK. Dit kan heelwaarskynlik rondloperhonde wees!

MissDemeanor ·

Ek stem saam, jou kommentaar is belaglik. Raai wat, as ek iewersheen moet loop en daar is ‘n keuse om 20 meter deur ‘n oop stuk veld te loop of 200m om die blok, dan sal ek deur die veld loop.

arizona ·

@Ben. Is jy nou ernstig of skeer jy die gek????????????????/

Winston ·

Mense hier is regtig te min inligting en kan maar net bespiegel oor wat regtig gebeur het. Jammer n mens is verskeur, maar kan enige van julle iemand verkwalik wat in ons situasie kwaai honde op n perseel het?
Kom ons kyk liewer na die opvolg berig. As daar een is.

sannie ·

Julle mense is erger as daardie twee honde! Ek is seker hulle bedoel net daar is kieme in die honde se bekke. En ja honde val wel aan sonder rede!!! Ek het die liefdevolste hond gehad wat my 1 jarige kind sonder geen rede gestorm het en hy was nog NOOIT geterg of gegooi met klippe nie.

sannie ·

hahaha jy is nog snaakser!! As sy die hond seergemaak het, het hy haar doodgebyt. Sy was nooit naby aan hom nie want sy was bang vir hom. Skrikwekkend hoe oningelig mense is.

Nina ·

Leer jou kind om respek vir alle diere te hê. Nee, honde dink nie dis snaaks of oulik wanneer babas hul ore en sterte trek, of sommer handevol pels gryp en knyp nie. Dis seer!

sannie ·

hahaha jy is vreeslik snaaks. Die kind was nog nooit naby aan die hond nie, te bang vir hom

Peet J ·

Het iemand al daaraan gedink dat die honde opgesteek was om die betrokke persoon aan te val, want honde val mos nie sommer mense aan nie.

SARAH VENTER ·

Ek beklee `n rondreisende pos en werk in hierdie gebiede, honde wat verhongerd en verwaarloos is word oral gesien. Die diere word geskop,geslaan en nommers in hul ingebrand vir gevegte. Hoop hulle vreet nog `n paar op!!!

Gismo ·

Honde val wel aan sonder om geterg te word! my seun was rustig op ‘n swaai, en die hond op die wildsplaas het opgestaan en ewe rustig na hom gestap, sonder geluid of grom of niks het hy my seun aan die gesig gegryp en afgeruk van die swaai af. Dit was vir my as ouer en my familie baie traumaties want dit het reg voor ons gebeur. Die hond was 10jaar oud en het nog nooit iemand gebyt of aangeval op die wildsplaas nie het die eienaar bevestig. Die hond is onmiddelik van kant gemaak, my seun moes plastiese chirurgie ontvang en sal vir die res van sy lewe die letsels dra in sy gesiggie. So…honde val aan sonder dat hul geterg word of aangehits word…en hulle kan dit doen sonder om ‘n geluid te maak!

Andre ·

Hier is skynbaar ‘n klompie hondekenners. Dalk kan een my ‘n verduideliking gee. Sowat 19 jaar gelede sit my 7-jarige dogter op ‘n swaai op die park oorkant ons huis. ‘n Maatjie is by haar en stoot die swaai. Ek staan so paar treë weg onder ‘n boom om toesig te hou. ‘n Man kom stap met sy hond. Hond aan leiband. Toe hulle op die park kom, maak hy die leiband los. Hond peil soos ‘n pyl uit ‘n boog op my dogter af en spring haar van die swaai af. Eerste wat sy van die hond bewus was, was toe hy haar tref. Sy moes 3 steke in haar gesig kry. Vergeet nou maar aspekte soos dat hy die hond nie mag losgemaak het nie. My vraag is: Hoekom het die hond vir my dogter gegaan as sy hom nog nie eens gesien het nie, wat nog van geterg?
Uit bdskppe hierbo lei ek af dat honde nie aanval sonder dat hulle geterg word nie. Vir die wat twyfel, daar was ooggetuies, ens.

Estelle Claassens ·

Jy het die bewys, ń hond val soms aan sonder enige provokasie! Moet dus nooit eers jou geliefde dier alleen by jou kinders vertrou nie! Jaloesie by honde is baie afgemeen. Die swaai het dalk ń skreeu geluid gemaak wat die hond geirriteer het.

Estelle Claassens ·

Jy het die bewys, ń hond val soms aan sonder enige provokasie! Moet dus nooit eers jou geliefde dier alleen by jou kinders vertrou nie! Jaloesie by honde is baie afgemeen. Die swaai het dalk ń skreeu geluid gemaak wat die hond geirriteer het.

Lanie ·

Meyerton is n plattelandse dorpie waar daar Baie oop gedeeltes is. Mense van alle rasse loop daar nog in die Strate. Ek het Al gesien hoe swartes met hulle jag honde in die dorp kom loop en daardie honde is nie aan lei bande vas Nie.!! My kinders is op Ons plaas deur sulke honde aangeval en hulle kon gelukkig betyds weg kom. Honde Sal as hulle in n groep is mense aanval. Lees maar net wat gaan in Soweto aan met die honde daar. Duidelik het die man Baie seer gekry en Ek hoop Hy herstel ten volle. Net jammer die DBV kan nie behoorlike inligting verskaf nie …. Tipies van die Vereeniging tak … En ja Val my maar aan maar Ek is nie n ondersteuner van Vereeniging DBV nie !!

Lizl ·

Hmmm , sal kommentaar lewer sodra ek meer weet oor die slagoffer en die honde se politiek en eienaar ( as daar `n eienaar is) …….

sarie van heerden ·

Ek wil nie politiek inbring indie geval waar honde ‘n man aangeval het nie, maar sal graag dit wat ons self beleef het wou deel met ander. Ons is witmense en so moet my dogter na ‘n swart gesin gaan vir iets. Daar gekom die inwoners se hond onder die ken gestreel en die volgende het die hond haar aan haar bene gebyt. Sonder enige provokasie. By nadere ondersoek het ons besef dat honde ook maar soort van “rassisties” is en in hierdie geval was hul eienaars “anders”.

Martin ·

Hierdie was twee Staffies. Daar is ‘n saak gemaak teen die eienaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.