Man deur hysbak vergruis

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man in sy 30’s is Maandag dood tydens ʼn hysbak-fratsongeluk in ʼn gebou in die Durbanse middestad.

Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê daar was geen ooggetuies nie. “Daar is ondersoek gaan instel nadat hulle die man hoor skreeu het,” het Meiring aan Maroela Media gesê.

Meiring het gesê die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Dit wil voorkom of die man tussen die hysbak se deure vasgepen was. Die hysbak het glo begin beweeg en hom tussen die vloer en die hyser vergruis.”

Nooddienswerkers moes die hysbak se deure oopbreek om die man se liggaam te verwyder.

Die voorval word deur die plaaslike owerhede ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SNEL ·

Sjoe, dit moes vreeslik erg vir daai man gewees het toe hy besef het wat aan die gebeur is. Ja, ek stem saam met Boesman, wanneer laas was daai hysbak gediens.

Peter Says ·

DIENS, bestaan nie meer nie, alles word gery/gebruik tot dit breek en dan gebeur hierdie tragiese goed. Sterkte aan die familie, en hoop julle RY nou die wat verantwoordelik is, Tot hulle Breek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.