Man deur leeu gegryp: ‘Dis vir ons ʼn dubbele tragedie’

Mike Hodge sterk aan in die hospitaal. Foto: Via Twitter

Mike Hodge (72), die eienaar van Marakele Animal Sanctuary buite Thabazimbi in Limpopo, sterk goed aan in ʼn Johannesburgse hospitaal nadat hy Saterdag op sy wildreservaat deur een van sy leeus aangeval is.

Maroela Media het Dinsdag berig ʼn video van die voorval is geneem en maak wyd opslae op sosiale media.

In die video kan ʼn mens sien hoe Hodge in ʼn leeukamp loop voordat hy skielik begin terughardloop na ʼn bakkie met veiligheidsbuffers op. Hy word deur ʼn tienjarige leeumannetjie, intussen geïdentifiseer as Shamba, aan sy skouer gegryp en etlike meters tot agter ʼn bos ingesleep voordat die leeu hom los. Die leeu gryp hom weer aan sy skouer waarna ʼn mens skote hoor klap.

ʼn Duidelik getraumatiseerde vrou en man, wat intussen as toeriste geïdentifiseer is, het die voorval op ʼn selfoonvideo vasgevang.

Bernadette Maguire, woordvoerder van die familie, het Woensdag aan Maroela Media bevestig die voorval het Saterdag omstreeks 11:20 plaasgevind.

“Mike het dít gedoen waarvoor hy die liefste is – om sy liefde vir roofdiere met besoekers aan sy reservaat te deel,” het Maguire gesê.

Maguire het gesê een van die hoogtepunte vir besoekers is om op ʼn rit deur die leeukamp te gaan in die “Lion Mobile”, ʼn voertuig met ʼn hok agterop waarin toeriste kan sit.

“Mike het soos elke dag uit die voertuig geklim om die leeukamp se hek oop te maak nadat hy toeriste op ʼn rit geneem het. As voorsorgmaatreël maak ʼn personeellid altyd seker dat Shamba se aandag afgetrek en hy weg van die hek af gelok word – soos op die video gesien kan word. Ongelukkig het Shamba onverwags terug hek toe beweeg, waarna hy Mike getakel het toe hy veiligheid in die voertuig wou soek.”

Die sogenaamde “Lion Mobile”. Foto: Via www.marakeleanimalsanctuary.co.za

Volgens Maguire moes Shamba noodgedwonge doodgeskiet word om Hodge se lewe te red. Hodge se vrou, Chrissy, was ten tyde van die voorval in die dorp en sy dogter, Emma, was by die hoofhek.

Hodge is daarna na ʼn plaaslike hospitaal gehaas waar hy gestabiliseer is voordat hy met ʼn helikopter na ʼn hospitaal in Johannesburg geneem is. Hy het ʼn gebreekte kakebeen en verskeie snywonde, maar herstel goed.

“Dit is ʼn dubbele tragedie vir die familie wat Shamba as babaleeutjie met die hand grootgemaak het. Hy is in die reservaat gebore. Mike is ʼn wildlewe-veteraan en deeglik bewus van die gevare om met wilde diere te werk, maar dit bly sy passie. Hy hanteer en teel leeus al byna 30 jaar lank,” het Maguire bygevoeg. Sy het gesê Chrissy bestempel die gesin as gebroke oor die verlies van Shamba.

Maguire het gesê Hodge se herstelproses gaan nog lank en moeilik wees, maar hy sal aanhou met sy ongelooflike werk saam met African Wildlife. Hy beplan ook om ʼn boek oor sy ondervinding met hierdie “ongelooflike diere” te skryf.

Die Hodges het in 2003 met ʼn leeuprojek begin nadat hulle in 1999 van Engeland na Suid-Afrika verhuis het. Die reservaat het sy deure in 2010 geopen om ʼn veilige hawe vir diere te bied en om die toerismebedryf in die omgewing ʼn hupstoot te gee.

WAARSKUWING: Die video is nie geskik vir sensitiewe lesers en kinders nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

92 Kommentare

piet ·

Ons onthou nog laasjaar vir Christiaan Prinsloo wat oorlede is van n leeu byt in Ellisras.
DIE EIENAAR WAS NOG NOOIT IN HOF OOR DIE SAAK IS DIT REGVERDIG

Andrea van Vuren ·

Wonder of die boer geblikte (gefrustreerde) leeus aanhou?

Casper Labuschagne ·

Daar bestaan nie meer iets soos ‘n leeu wat nie ‘n geblikte leeu is nie.

In ‘n sekere sin is alle leeus vandag geblikte leeus, of dit nou in ‘n nasionale wildtuin is en of dit vir trofeejag is en of dit vir toeriste binne ‘n leeuhok is, daar is nie ‘n wesentlike verskil nie. Die leeus is ‘n hulpbron wat gebruik word om ‘n onderneming te bedryf en die natuurlike aanwas van leeus sal altyd ‘n oorbevolking skep omdat die faktore soos siekte en hongersnood bestuur word en nie meer die leeus se getalle uitdun nie. Wanneer die toeriste nie daar is om dit te kan sien nie, word die leeus se oorbevolking op een van drie maniere reggestel: Die uitdun van die oortollige bevolking deur spesifieke leeus te skiet, die vang van oortollige leeus om aan ander parke en instellings te verkoop of om konsessies vir trofeejag aan ander jagters te verkoop.

Die kamera van die toeris is geensins minder dodelik as die geweer van die jagter nie.

Willem ·

Casper, die etiese regverdiging om met leeus te boer en maak asof hulle ‘vee’ is, sit in jou kop. Dit ook wat jy probeer verduidelik dat daardie leeus in wildtuine ook “geblik’ is om jou stanspunt te regverdig. Ek lei uit wat jy sê af dat jy nie weet wat geblikte leeus is nie.

Gerhard ·

Sover ek weet is die mense diereliefhebbers. Daar word nie gejag nie net toerisme.

Casper Labuschagne ·

@Willem, ek het vir ‘n dekade op ‘n wildplaas gebly tussen professionele jagters. Waar ek tans in die Vrystaat bly is leeuplase orals om my, ek ken die eienaars, kom dikwels self op die plase en gaan na die wildsveilings. Wildtuine is slegs wild in hul naam. Ja, daar is wilde diere, maar die parke word intens bestuur omdat daardie parke ekologiese eilande is en die natuurbalans so versteur is dat oorbevolking, hongersnood, epidemies en die uitroei van sekere dieresoorte binne die park sal voorkom sonder intense bestuur om ‘n kunsmatige asook volhoubare ekologiese model van prooi teenoor roofdier te handhaaf. Daarby wil die toeriste nie maer, verswakte, gewonde en sterwende diere sien nie. Waar moontlik vang wildtuine oortollige diere wat op wildsveilings verkoop word want die alternatief is dat hulle self die diere sal moet uitdun. Jy sal uiters naïef wees as jy dink dat van die diere wat op sulke veilings verkoop word nie daarna vir trofeejag bestem is nie. Wild is ‘n besigheid, of dit vir trofeejag of vir toerisme is, en die metodes van wildsbestuur verskil nie veel tussen parke en wildsplase nie. Almal in die wildsbedryf besef dat hulle eintlik met bewaring besig is, dit is net die hoofbron van inkomste wat verskil.

Hek? ·

Hek? Ek sien nie ‘n hek, hy stap agter die leeu aan . . .
Sterkte aan jou en my Pa het altyd gesê: ‘Moenie mak raak . . . ‘

Karen van Zyl ·

Net so “Hek”, wat het hy in ‘n leeu hok gaan soek, jammer maar mens soek nie vir nonsens nie hoor??

Gertryda ·

Weereens moet n pragdier met sy lewe boet agv onverantwoordelike mense
RIV Shamba

foxi ·

Ek stem saam, dit is n roofdier, al het jy hom hans groot gemaak. Jy moet die regte voorsorg maak as jy toeriste wil karwei. Jammer dit het gebeur, maar ongelukkig moes nog n pragdier met sy lewe boet…….sad man.

Johann ·

Arme leeu! Nou moet die leeu met sy lewe boet omdat n mens hom soos n troeteldier hanteer het? En toerkies laat doen het soos in n SIRKUS deur hom met hoender vleis as aas oor die “cage” te laat spring het? Jip… dis deel van die mense se “passie vir bewaring”…. leeus soos sirkus diere voor toeriste laat optree. GEEN simpatie nie.

Francois le Cochon ·

Dis alombekend, die gevaarlikste leeu is ‘n mak leeu.

WL ·

Kan iemand net asb ondersoek instel op die verskriklike rassistiese kommentaar wat op Timeslive se Facebook blad gemaak word oor hierdie storie.

Agnee man WL ·

Hoekom gaan gee jy dit nie by TIMESLIVE aan nie? Wat moet MAROELA daaromtrent doen?

Dr H ·

Wat van ‘n hek wat met afstandbeheer oop en toegemaak word.

Kwikkie ·

Ek het nie veel simpatie vir hulle hieroor nie – dis hulle eie skuld. Dubbele verlies – nee nee. Daar is net een verlies en dis die leeu wat geskiet moes word oor iemand nie wysheid kon gebruik het nie.

Lizelda ·

Ek hoop van harte dat die “wildlewe-veteraan” sy les geleer het en die nodige respek vd natuur sal he. Want nou het die arme leeu aan die kortste ent getrek. RIV Shamba.

Guvaness ·

Disgusting!!!!! Shoot the lion because he made a mess???? Wrong no matter which way you look at it.

Pieter ·

Hy le en smile in hospital en onskuldige dier se lewe is geneem, hy het baie goed geweet dat dit n kans is wat hy vat, hy kan bly wees dit was nie sy slag aar nie…

Annie ·

Stem Pieter hy le en lag en ‘n onskuldige dier moes doodgeskiet word. Wat verstaan hy nie dis ‘n wilde dier. Hy kan baie bly wees hy lewe nog. Voel nie vir hom jammer nie.

patat ·

dit is snert vd hek oopmaak. ons was al paar keer daar. niemand klim enigsins uit om hekke oop te maak nie. daar is dubbel hekke-wat skuif. erg elektriese heining. eerste hek skuif oop…….dan ry jy in ñ soortvan gang …..leeus kom nie in daai gang……dan 2de skuifhek………dan gaan jy in kamp……..werkers wat hekke oopmaak-kom glad ni in d kampe nie……duidellik kan mens sien hy gaan skop leeumis op d grond rond…..hyt uit d lion mobile geklim in die leeukamp. dis duidelik

Ilza ·

Ek stem heeltemal saam, hy het iets gaan rondskop op die grond niks van naby n hek gegaan nie.

En as daar n hek was, hoekom so ver stop van hom af?

Hulle dink mens is onnosel.

patat ·

snert snert snert. ons ken daai park baie baie goed. daar nie hek wat hy oopgemaak het nie-duidelik stap hy in d kamp en kyk na iets op grond en skop dit. daardie hekke is skuifhekke….en as jy 1 hek oopmaak-ry jy in soortvan ñ gang waar die leeus nie is nie……..eers dan word ñ 2de hek oopgeskuif. werkers wat hek oopmaak-kom nie in d kamp nie……

Tess ·

Jammer vir jou wonde en dat jy jou leeu moes skiet. Almal maak foute

Leeu ·

Nóg n wildedier se lewe geneem omdat die menDOM probeer afshow. RIP Shamba, jy het niks, niks, niks verkeerd gedoen nie!

Mens ·

Ja Leeu! ‘n Dier doen belis niks, niks, niks verkeerd wanneer dit ‘n mens byt nie!

Theresa B ·

Arme Shamba. Nou moes hy boet vir menslike nalatigheid. Die man het dan agter die leeu aangeloop. Hoekom het jy nie in die Jeep gebly nie?

BB ·

Presies Wilna. Onverantwoordelike gedrag wat amper sy eie lewe gekos het. Ek het in so ‘n geval meer simpatie met die arme leeu. Te veel “wilds plase” en “telery” onder ander voorwendsels.

cynthia ·

Arme leeu wat moes boet vir mense se foute.
Die enigste verlies is die leeu wat moes boet met sy lewe

A ·

Sterkte aan die man. Ek hoop hy gaan aan met sy goeie werk om ons wilde diere te beskerm.

M ·

Ons moet eerder die wilde diere teen hom beskerm. Gaan hy nou dink hy is Rambo na hierdie voorval en veroorsaak dat nog leeus geskiet word???

vonnie ·

nou moes ‘n dier wat nie vir himself kan dink, boet vir ‘n mens wat wel kan dink. magtag, dis mos moeilikheid soek as jy in daai kamp ingaan. en vir wat?? om te wys jy kan??? nee wat!!

Dottie ·

Nee wat Omie, jy het glad nie na die hek toe geloop nie. Deur jou domgeid moes daai leeu sterf!

Bea ·

Pleks hy n skokstok gedra het!! Ek dink hul doen goeie werk vir toerisme; maar so sal elkeen dus maar n eier lê! Hoop Mike sterk mooi aan; hys baie gelukkig daai leeu het hom nie verskeur nie!

BB ·

Goeie werk vir toeriste.! Dit moet eerstens die beste vir die diere wees.

DALEEN ·

Natuurlik is ek ook jammer vir leeu wat doodgeskiet moes word maar ook nou nie nodig dat eienaar nou so sleggese word nie Dit was ‘n baie tragiese ongeluk wat gebeur het maar het eienaar beslis nie beplan om so aangeval te word nie Om nou kommentaar te lewer soos bv geblikte leeus!!! REGTIG!! Ek glo nie een van julle wat so lekker klippe gooi het eers idee hoeveel hierdie selfde eienaar al oor die jare vir beskerming van leeus gedoen het nie!

Naj ·

Hyt dit nie beplan? Watse tiepe verskoning is dit? en om te sê jyt wilde diere “hand grootgemaak”, sê nie jy beskerm hulle nie, dit sê jy misbruik hulle.

Paul ·

Ek dink hulle moet ondersoek instel op sy plek. As dit is hoe hy “vermaak” is dit onnosel. Arme leeu, hy’t niks verkeerd gedoen nie.

Miekie ·

Dit is baie hartseer vab die oom en van die leeu. Kobie Kruger was net ‘n wildswagter van die Kruger Nationale Park getroud en as mens in haar boeke lees van hoeveel respek sy vir diere gehad het is die voorval maar bietjie dom. In haar boek All things Wild and Wonderful het hulle ook ‘n leeuwelpie groot gemaak na ‘n yslike leeu maar het die regte maniere gebruik en hom weer in die veld vrygelaat.

Madeleine ·

Een ding het ek heel eerste in bos geleer, moet nooit hardloop weg van Wilde dier?

Bosveldknap ·

Julle klomp “bunnyhugers” moet bietjie dink voor julle praat seker die man het al meer vir leeus en die natuur gedoen as julle almal saam so bly eeder stil..

Antionette Malan ·

Los wilde diere in d bos. Hulle hoort nie in kampe op plase nie. Dis boos en oneties.

Ai ·

Waar in die bos? Die wildtuin het nie plek vir al die diere nie. Privaat eienaars is die rede dat wild nog bestaan. En ongelukkig moet hulle ‘n inkomste verdien. Toerisme en jag. ‘n eienaar kan nie sy hele plaas wy aan leeus om vrylik rond te loop nie. En die staat se grond…..?

Gerhard ·

Ag nee regtig mense, kom oor julle self. Dit is net ‘n leeu. Ja dit is jammer, bla bla bla. Elke dag gaan duisende diere slagpale toe om jou maag vol te hou. Die man is 72 en het verseker ‘n fout gemaak, maar die vet weet dit is nie so erg soos wat die kommentators dit uitmaak om te wees nie.

Naj ·

Punt is, daai leeu is n wilde dier wat in die natuur moes wees, hy moes nie iemand se geld fabriek gewees het nie, hy hoort nie daar nie. Die man se lewe is dierbaar, maar hy is ook daarvoor verantwoordelik

Gerhard ·

Daai leeu is met die hand groot gemaak en sou nooit weer heeltemal wild wees nie.

What a joke! ·

Die probleem is mense raak te mak!
Hy het dit al van te vore gedoen en weggekom daarmee maar domastrantheid sal jou wel een of ander tyd inhaal! Jy is baie baie gelukkig om nog te leef Mnr Hodge…

Marie ·

As die leeu hom wou dood maak sou hy dit met 1 Klap of hap gedoen het!!

Jean ·

En jou punt is Marie? Dit is n mak leeu ek dink jy probeer se??? Die leeu het maar net met die omie gespeel???
Ek voel jammer vir die leeu, die omie moet mos van beter weet man!
Maar een ding kan ek jou wed daai omie sal nie weer gou daai fout maak nie!
Met als wat goed ge-eindig het is die een is op vir die Darwin awards Mnr Hodge!
Spoedige herstel…

NiNa ·

Ek stem saam baie van die comments… Dit was totaal en al onnodig en die arme leeu moes met sy lewe betaal vir iets wat hy gedoen het wat bloot in sy natuur is. Dis soos om ‘n hond dood te maak omdat hy blaf…
Hulle kon hom gedart het ipv lewendige ammunisie te gebruik. Dit moet maar standaard wees om permanent darts & dart gun byderhand te he wanneer daar met wilde diere gewerk word. Ongeag of jy beplan om uit die bakkie te klim of nie.
En waarom kan daai hek nie ban buite deur ‘n wag/werker oopgemaak word nie?

ZeeBee ·

Ek het nie geweet mens kan so lekker smile met ‘n gebreekte kakebeen nie, Die arme leeu het dit nie verdien nie !!!!!

smurfie ·

Nou vir wat loop hy agter die dier aan. Dis sy eie skuld! Nou moes n onskuldige dier dood gaan, omdat n mens nie vir homself kan dink nie. Die leeu sien jou nie as n mens nie, maar as n prooi. Hy ken nie die verskil nie!!!

Hoe Dan? ·

Almal lewer so gou kommentaar oor die arme leeu. Die leeu is al oor die 10 jaar oud en daar was nog nooit so voorval nie. Moes die oom nou sterf omdat almal die ARME LEEU jammer kry? Dinge gebeur in die lewe en ek is seker dat elkeen hier dieselfde sou doen mits dit hulle geliefde was. Dit was nie opsetlik bedoel nie en nou verlustig mense hulle in die ou oom se seer. Selfde met honde, as hy jou aanval en wil doodmaak dan skiet jy.

Helizna ·

Vir eeue al probeer ons die wilde diere mak maak en selfs toertjies leer… maar so vinnig draai hulle teen ons.

CG ·

Indien Shamba in die vrye natuur gebore is, was hy waarskynlik al lankal dood. Ander wilde diere, gif of stropers. Indien hy wel volwassenheid sou bereik, het hy waarskynlik ‘n ander leeumannwtjie verskeur en daarna dié se welpies, sodat hy vinniger met die wyfies kon paar. Hy sou waarskynlik self deur ‘n ander leeumannetie of mannetjies verskeur word en sy welpies sou doodgemaak word. Hy sou nie ‘n mensenaampie gehad het nie en sou baie beslis nie in vrede gerus het nie. Hy sou in sy lewe baie diere, insluitende sy eie spesie doodgemaak het. Sou hy sy bure se beeste of bokke vang, sou hy wreed sterf, amper so wreed as om deur ‘n ander leeumannetjie verskeur te word. Ek dink dit sou vir hom beter in die vrye natuur gewees het.

Gerhard ·

Dit sou ook beter gewees het vir die arme siele wat menseregte aan diere wil gee. Die wereld raak siek.

Nadine ·

Dis vir my hartseer om te sien dat so mooi dier in n oogwink uitgeroei moet word agv “human error”want dis beslis wat dit was. Ek besef dat foute wel gebeur maar as mens in die bedryf is, is daar geen plek vir foute nie? So volgens my is dit hulle (nie net syne nie) nalatigheid wat n onskuldige WILDE dier se dood gekos het omdat hulle besluit het om hom te gebruik vir “show and tell”. Dis hartseer..

Alida ·

Kinders word gebore en met liefde grootgemaak maar op n dag skiet of kap daardie selfde mooi baba sy ouers dood. Wat dink die mense gaan n leeu met jou maak. Doodmaak want hy is WILD dit is sy natuur.

Waarheid ·

As jy ooit ‘n leeu wil vang, gooi sout op sy stert en wag, net maar iets wat kinders gesing het maar ons as kinders was baie bang vir daai koning ouers leer kinders wild bly wild.
STERKTE MET DIE HERSTEL LIGGAAMLIK EN GEESTELIK.

Vra net ·

Ai ek lees nou so. Darem maar snaaks hoe die mense eerder n dier ophemel en bo n mens verkies. JULLE almal sou n ander deuntjie gesing het as dit jou pa of oom of boetie was……

Oop oge ·

Die Skrif spreek juis, dat die mens aan die einde van dae, aanbidders van diere sal wees …daarom dat mense na stomme diere verwys as, “my kind, of “my baba” ens.
Alles onGoddelik…so assof God die mens opdrag gegee het on diere voort te bring.

Elke spesie na sy soort en die mens se opdrag is om diere te gebruik na sy goedenke, sonder om dit te mishandel en as dit n gevaar inhou, moet n mens se lewe hoër geag word, ongeag die omstandigheid, want dit het n siel wat aan God behoort.

Chardonne ·

Ek is baie jammer om te hoor dat iemand so seergemaak moet word, maar as jy veral met wilde diere werk, moet jy ook hulle “territory” respekteer. Wilde diere is nie speelgoed nie en ons moet dit respekteer. ” Jy kan die leeu uit die wild uit haal, maar jy kan nie die wild uit die leeu uithaal nie.” Of dit nou uit die wild gered word of met die hand groot gemaak word, hy bly wild en hy volg sy instincts…RIV Shamba!!!?

humor ·

Die uwe Mike het n groot fout begaa. Soos ek waarneem en verstaan word die leeu weg gelok met kos. Mike stap agter die leeu aan. Die leeu neem waar hy word bereig in die sin dat sy kos nie veilig is nie en dat dit hom ontneem kan word. Natuurlike instinkte skop in en siet daar.

Anno ·

Ek hoop jy voel regtig sleg oor jou nalatigheid. Dit is bitter hartseer dat die leeu moes sterf vir jou foute. Dit is ook hartseer dat jy die leeus gebruik om toertjies te doen vir toeriste. Dit lyk vir my of jy regtig nie sleg voel oor wat gebeur het nie. Jy is gelukkig die keer.

Koos ·

Nou weet ons hoe lyk die Leeuloop in lewende lywe! Dis baie verleidelik en Mike gaan dit nou stap vir stap verduidelik.

docpietza ·

Geen simpatie vir die man wat aangeval is nie. Kyk video. ‘ n Leeu is n leeu. Punt.

Oom Kalahari ·

Alle simpatie en medelye aan die Koning van die oerwoud (Leeu) se familie met sy vonnis tot die dood. Jammer dat hierdie aangeleentheid so tragies moes eindig.

Maritza Bronkhorst ·

Sou dit nou ‘n (mak) hond gewees het wat een van julle se kind aangeval het? Sou die nie ook geskiet word?

Loutjie ·

@Maritza, dis glad nie dieselfde nie, soos in glad nie. Dan kan ek verder gaan en sê, wat van as dit skelms was wat inbreek. Nee, dié gaan oor n leeu en n toppie, nie n hond en n kind nie.

LMJvR ·

Kan mens só onkundig wees? Hoekom nie 2X hekke wat met afstand beheer werk nie? Maak eerste hek oop met “remote”, ry in, hek maak toe, dán maak jy 2de hek oop en ry in. Op die manier hoef daar nie ‘n “brawe” persoon tussen die leeus in te gaan nie.
Jy kry sonkrag sisteme vir dit as daar nie krag naby is nie.
Of is dit vir die “show”?

Lee ·

Die dier het dit nie verdien om dood geskiet te word nie. Sies.

Ook maar mens ·

Ek die situasie opsom was dit as hulle nie die leeu van kant maak nie sou hulle nie die man uitkry nie.Ongelukkig sal die leeu dit in die toekoms waarskynlik weer doen en het nou ‘n risiko geword vir almal daar rond Dis tragies Dalk beter veiligheids maatreels instel vir hekke vir toekoms!

Elsabie ·

Arme onskuldige wilde dier was seker gefrustreerd in ‘n ingeperkte kamp. Ook seker diep in sy hart gevoel hy smag na vryheid. Kon hulle nie maar net die leeu met iets geskiet het wat hom vir ‘n paar uur verdoof nie, nee die mensdom maak ‘n onskuldige ingeblikte dier dood. Toeriste het fotos geneem ……. winstgewende besigheid. Weereens geld geld geld.

Eric ·

Die kommentaar oor “geld” en “arme” leeus wat in kampe aangehou word soos sirkus diere is oningelig en kortsigtig. As dit nie vir “geld” was nie, sou daar bitter min/geen leeus vandag gewees het nie. Mens kan nie die goed eet nie en hulle is nie gebou om sleepwaens te trek nie! So daar is nie veel nut vir hulle of enige ander rede hoekom mense geld sal bele in leeus wat hulle voortbestaan sal verseker nie behalwe vir toerisme of jag doeleindes. So liewe Elsie en ander oningeligte kommentators, as dit nie vir geld was nie, sou jy heel waarskynlik n boek moes nadersleep om n leeu te sien en “arme” Shamba sou nie eers bestaan het nie.

Willem ·

Wat is die etiek daaraan om leeus in kampe aan te hou waar hulle geskiet word, ook word die vleis van die bene afgekook waarna die beendere na China uitgevoer word. Leeus is nie vee nie, dan word die naam boerdery gebruik om die onetiese te regverdig. Jig!

Gerhard ·

Beste Willem. Ongelukkig betaal jy vir natuurbewaring met geld nie “etiek” nie. Dit is die “etiek” daar agter. Skape sal nooit soos die renoster bedreig wees nie, WANT daar word daarmee geboer.

Nelis van Wieren ·

Jy sal dink dat mense het al geleer het dat n wilde dier n wilde dier is maak nie saak of dit in aanhouding gebore is nie…….

Lotta ·

Ek stem 100% met jou saam. Net soveel soos wat jy nie verwag dat jou waghond wat jy self groot gemaak het jou sal aanval, verwag jy ook nie dat ‘n hansleeu jou sal aanval. En tog gebeur dit dat selfs honde nog hul instink volg en verantwoordelik is vir aanvalle op mense. Hierdie goed gebeur in of buite die sogenaamde bos, waar dit ookal mag wees. Miskien kan ‘n paar mense hulle woefies in die bos gaan vrylaat as hulle dit kry.

Gerhard ·

As dit ‘n Rottweiler of ‘n Pit Bull was wat ‘n kind gebyt het sou hulle ‘n ander storie gesing het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.