Man deur motorfietsryer aangerand

Argieffoto.

Die Oos-Kaapse polisie ondersoek ’n saak van aanranding met die opset om ernstig te beseer nadat ’n man Vrydagmiddag deur ’n motorfietsryer in Port Elizabeth aangerand is.

Volgens kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, het ʼn 67-jarige man die bestuurder van ʼn vierwiel-motorfiets in Sedanstraat in Lorraine gekonfronteer omdat hy na bewering roekeloos gery het. Die man is toe deur die motorfietsryer aangerand waarna hy omstreeks 18:45 ʼn saak by die polisie aanhangig wou maak.

“Die man het egter weens die aard van sy beserings mediese hulp nodig gehad en die saak is namens hom gemaak,” het Janse van Rensburg verduidelik.

Janse van Rensburg het aan Maroela Media gesê dit is nie in die stadium duidelik watter beserings die slagoffer in die voorval opgedoen het nie.

“Die verdagte is aan die polisie bekend en sal na verwagting binnekort in hegtenis geneem word,” het sy gesê.

Die voorval word as een van padwoede bestempel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

koos ·

Ek het baie begrip vir die oom. Ek by ook kant ‘n oop veld waar enige fietse en motorfietse verbied word. Maar nee, naweke klink dit soos ‘n wedren en die polisie kan niks doen nie want hulle jaag weg. My huis word ‘n stresvolle plek oor naweke vir my.

Lizelda ·

Vanoggend skuins voor 10 uur was daar ook 2 baie aggresiewe motorfietsryers op d hoek v Solomon Mahlangu en Petrick straat Faetie Glen wat verkeer opgehou het vir geen rede. Toe die mense begin toeter blaas jaag hulle weg en wys middelvinger v almal. Swak smaak.

Jc ·

Sover ek weet word ‘n 4 wiel motorfiets nie op ‘n pad toegelaat nie. (quad)

marco polo ·

Korrek. Die opskrif is misleidend, ek hoop nie hierdie ontaard in ‘n ‘ons haat motorfietsryers’ gesprek nie.

@marco polo ·

Ja, daar is reeds genoeg vooroordeel en aggressie op SA se paaie soos dit is. Veralgemenings dat alle motorfietsryers padvarke is moet liewer nie ook nog gebeur nie. Daar is alle soorte padverbruikers in/op alle soorte vervoermiddels. Dis NIE net motorfietsryers wat aggressief raak nie.

Chris ·

Die meerderheid vierwiel motorfietse in woongebiede het al lankal n sal lige dood gesterf. Is nog net hier en daa r wat onopgevoede sogenaamde grootnense met geen resoek vir sy medemens nie in die strate rond jaag. So SAPF moet jie langet wag nie sluit hom toe sodat hy kan gaan leer wat is wetsgehoorsamheid

Thys ·

Hoekom is en dink die meeste motorfietsryers di pad of strate behoort net aan hulle, ek is ook ‘n motorfiets bestuurder besit ook ‘n m-fiets maar dink en sit myself in ander se skoene hoe sou ek gereageer het as ek die ander persoon was wat nie nou op di fiets is ni, sou ek ook nie my gestrip het vir daai man op di fiets wat onnodig van hom ‘n oorlas maak ni, ek wil net se mense wat op m-fietse ry gedra julle soos groot mense julle is nie kinders nie, liewe land man soos ek se ek ry ook m-fiets maar gedra my soos ‘n mede padgebruiker en nie soos ‘n kind ni en jy mnr tarzan word groot en vat jou “size” aan

Denise ·

Baie padwoede hier in PTA waar ek bly in braam pretorius,naby laerskool en motor bestuurders en motorfietsryers soos besettenes spoed vermeerder,tog net GOU deur die robot te kom!
JAAA… ten minste 3/4 ongelukke per maand agv kort kapokhaantjie humeure en spoed…
EN WAAG DIT NOU,om vir spoedvraat,te wys hy moet kalmeer,dan STOP HY SOMMER en pluk sy helmet af!
ONGELOOFLIK om die aggressie te beleef

Biker ·

Ek wil gou baie vinning hier n regstelling maak….Motorfietsryer en n quad of vierwiel motorfiets is twee verskillende goed…Hier word ons motorfiets ryers weer uit gehaal oor die storie misleidend is…

marco polo ·

Berigte soos hierdie is nie nuus nie, net n uitnodiging vir klakouse, en as jy net motorfietse of fietse noem, is daar hordes.

Sorry om te sê ·

Vir elke een ordentlike motorfiets bestuurder, is daar ongelukkig twee wat hulle aan swak padgedrag skuldig maak. Daarom is dit maklik om te veralgemeen.

@Sorry om te sê ·

In die afgelope maand, kan ek nie aan een keer dink waar ‘n motorfietsryer op ‘n openbare pad verkeersreëls oortree het, of aggressief was in my omgewing nie. Ek kan ongelukkig nie dieselfde sê van ‘n sekere fabrikaat bakkie se bestuurders nie….3 insidente aanskou, waarvan veral een baie aggressief was toe ‘n motor nie vinnig genoeg voor hom kon padgee nie. Moet ek veralgemeen en sê die bestuurders van hierdie tipe bakkies is almal padvarke?
Ek ry self nie motorfiets nie, maar was nog altyd gewillig om vir hulle plek te maak as hulle wil verbykom, en altyd gaan die hand op in ‘n ‘dankie’ groet. Ek skat mense wat moedswillig en aggressief bestuur ontlok aggressie.

Amtoinette ·

Daar is baie grondpaaie en bulte waar die 4-wielmotorfietse kan gaan ry. Wat gewone motorfietse aanbetref het ek nog nooit ‘n motorfietsryer in die verkeer gekry wat vir my ‘n probleem was nie. Ek skrik net as die ou op die motorfiets skielik ‘ref’ hier langs my ?

Elna ·

Ek skrik net so groot as ek in my truspieëls kyk en daars nie n motorfiets agter my nie en skielik reg langs my is die helse brim brim geraas. Ek skrik so dat ek bewe.
Die man het beslis nie respek vir n bejaarde mens nie en ek hoop dat hy n swaar straf gaan kry en dat die munisipaliteit hom ook gaan aan die pen laat ry en sy sak gaan leeg maak vir die skade wat hy aangerig het op die pad want dit behoort aan die munisipaliteit. Mag hy swaar gestraf word. Dis in my oe nie menslik om n bejaarde persoon aan te rand nie.

Cherokee ·

Skade wat hy aan die pad aangerig het? Die foto is vanuit die argiewe, Elna.

Cherokee ·

En die pad behoort nie aan die munisipaliteit nie maar aan die jou en my.

Bianka ·

Exactly, mens skrik jou in n ander bloedgroep in B+ word B P

Piet Lourens ·

Omdat die quad bikes en scrambler ryers opgrond paaie en in modder gate wil ry kom jaag hulle tussen die plotte rond en versteur die vrede vir mens en dier.

J ·

Zambesi tol hek. Motorfietse ry deur saam enige voertuie deur sonder om n sent tolgeld te betaal. Kyk maar na die breakfast runners versper ook die paaie om langs mekaar te ry en geen respek vir voertuie . Blok ook die voertuie om nir te kan verby te gaan nie.

SjN ·

4 wiel m/fiets hoort glad nie op enige teerpad nie, wat tol aan getref is dit mos onregverdig @ tarief, bikers is nie klomp gemors nie en gee baie meer om vir liefdadigheid as die klomp moaners.

marieta ·

met alle billikheid….baie min motorfietse op ons paaie versper die pad vir ander verkeer…. en ek het nog nooit iemand op n ‘run’ teegekom wat nie respekvol was nie…. ek dink hulle mede ryers sorteer maklik swak gedrag uit…. maar in ons straat wat nie baie breed is tussen die huise nie, ry n paar mense ,motors en motorfietse’ wat ek soms voel om spykers
in die pad te gooi. kinders en bejaardes en gestremdes kan nie vinnig genoeg uit die pad kom nie….. en jammer om te se die polisie- en verkeers mense is eintlik nuttteloos vir dit….hulle verkies om eerder in parkeerareas boetes te skryf….. selfs taxi’s verander roete om padblokke vry te spring… roekelose drywers moet erger gestraf word…. vat hulle vir n tyd lank van die pad af

M ·

Fietse is net so ‘n pyn op die pad. Hulle ry op die teerpad en as daar verkeer van voor aankom moet die motoris omtrent dood stop om nie oor hulle te ry nie. Is daar voertuie agter jou, is daar onmiddellik hoë risiko vir ongeluk.

Vraagteken ·

Toemaar M, fietse ag motorverbruikers ook net so ‘n groot pyn! Jy’s lekker selfsugtig as jy so dink…

Lord Oom Piet ·

Motors is ‘n pyn op die pad vir ons arme motorfietsryers. Klets of teks op selfone; gebruik nie flikkerligte nie; ry sonder ligte aan in swak lig of reënweer; jaag oor kruisings; kyk nie in hul kantspieëltjies nie en ry asof die pad net aan hulle behoort.

MM, verander asb die misleidende artikelopskrif. n Kwadfiets is meer motor as n motorfiets.

Jaco ·

Oo hoe lekker lag ek nou vir die “onskuldige” beeld van motorfiets ryers wat geskep was.

Vraagteken ·

Jaco, ja jy is 100% reg. Maar die verskil is dit: ‘n Motorfiets kom vinnig uit jou lewe uit. ‘N kar kom nie so vinnig vir ‘n motorfiets uit sy lewe uit nie.

Elsa ·

Ek stem nie saam. Alle motorfietsryers is nie onbeskof. Lank laas een gekry wat nie dankie sê as jy vir hul plek op die pad maak.

Strand looper ·

Chris dit is mooi gestel….hoe dom en astrant kan mens nou regtig wees as motorfiets ryer om met geen beskerming met jou leewe te speel….jy gaan een of ander tyd net n vroee graf beland….

Strand looper ·

Biker….jys so verkerrd beide het geen respek vir ander nie en sal die duurste tol betaal….sit daai in jou pyp en rook dit!

Gary ·

Mense jul moenie vergeet dat daar nie paaie is vir slegs motors ander vir motorfiets ryers en andere vir fietse nie. Ons as mens moet slegs respek toon vir almal op ons land se paaie en natuurlik bereid wees om verantwoordelikheid te neem vir ons dade.

M ·

Daar is nie paaie en roetes vir elk van die drie genoemdes nie MAAR fietse kan nie die minimum spoed handhaaf (gewoonlik 60 km/h) nie, en daarom is fietse ‘n baie groot risiko vir ongelukke. Motorfietse kan ten minste teen dieselfde of hoër spoed ry, dus is die gevaar minder. Fietse hoort doodeenvoudig nie op ‘n openbare roete met ‘n algemeen aanvaarde minimum spoed van 60 km/h nie.

Attie. ·

Jy kry motorfietse soos Harley en BMW wat groot geld kos en wonderlike rygoed is. Dan kry twee soorte vierwielers. Ek dink net een soort besit ‘n ewenaar en mag geregistreer word op jou naam. Die soort mag op ‘n openbare pad gebruik word. Meeste het egter nie ‘n ewenaar nie en die een wiel kan dus nie stadiger as die ander draai wanneer jy om ‘n draai gaan nie en hulle word nie lisensie voor betaal nie, hierdie soort is volop in ons strate maar dis onwettig, en dis juis hierdie menere wat ons so versondig.

chrisjan ·

Ek hoop die regter laat daai onbeskofte quadbike ryer toesluit.Maak ‘n voorbeeld van hom!

PJC ·

ń Man is darem baie braaf as hy so kan ry met ń “quad” en sommer nog ń ou omie ook aanrand.

Sê maar net ·

Ek het die video op sosiale media gesien en wat my so woedend maak is dat niemand probeer het om die oom te help nie. Die persoon wat aangerand het het net eenvoudig op die quad geklim en weggery. Dit voel net vir my of ons mense mekaar nie kan of wil help/bystaan nie. In ander gevalle sou die mense wat daar was die lafaard net daar en dan vasgevat het en ‘n goeie pakslae gegee het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.