Man deur polisiekar doodgery

Argieffoto: SAPS

Argieffoto: SAPS

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek ʼn voorval waarin ʼn 44-jarige man oor die naweek in die Vrystaat glo opsetlik deur ʼn polisiebeampte in ʼn polisievoertuig doodgery is.

Robbie Raburabu, waarnemende nasionale woordvoerder van Opod, het aan Maroela Media gesê die voorval het Saterdag in die Makwane-nedersetting in Qwaqwa plaasgevind.

“Beamptes van die plaaslike polisiestasie is ontbied deur ʼn vrou wat ʼn klag van huishoudelike geweld aangemeld het. Die beamptes het die klaagster na haar kêrel se huis vergesel om haar kind te gaan haal, wat glo deur die kêrel gevat is,” het Raburabu gesê.

Die kind is by die man se huis opgelaai, maar die man het die polisie probeer verhoed om weg te ry deur voor die polisievoertuig te staan. “Die bestuurder het na bewering oor die man gery. Hy is op slag dood.”

Opod ondersoek ʼn saak van strafbare manslag teen die beamptes wat betrokke was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

KarooKlong ·

Ons vertrou op opod om ‘n deeglike regverdige ondersoek te doen.

Blommie ·

As die polisie hom opsetlik doodgery het behoort dit mos ‘n saak van moord te wees eerder as strafbare manslag of hoe?

Wilmien ·

Sjoe hoe kan iemand so met opset ` n ander persoon doodry en dit nogal `n polisieman….geen wet en orde in ons land nie…

Bloues ·

Ai jai tog. Dink mooi. As jy rerig dink jy kan voor n motor gaan staan en sterk genoeg gaan wees om die motor te stop, wel dan moet jy die prys betaal vir onnoselheid.

Koos1 ·

Lees gou : “Glo” en in een van die kommentare “As”.
Hierdie berig vertel een kant van die storie. Laat OPOD hulle ondersoek doen en dan kan ons almal ‘n goed deurdenkte besluit neem oor wat gebeur het, en wie die skuldige party is.

Irene ·

Alweer a vrou wat a kind gebruik vir haarself om man seer te maak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.