Polisieduikers en reddingswerkers is tans besig om na ʼn 30-jarige man te soek wat vroeër vandag deur water van die Kliprivier in Meyerton suid van Johannesburg meegesleur is.
Kapt. Mzimkhulu Mthimkhulu, woordvoerder van die polisie, het gesê die man is omstreeks 10:00 deur die water meegesleur. “Daar word beweer dat die man in die rivier ingegaan het as deel van ʼn tradisionele seremonie. Die watervloei is egter baie sterk en hy is meegesleur,” het Mthimkhulu gesê.
Mthimkhulu het gesê hoewel dit nie tans in die gebied reën nie, bemoeilik die sterk vloei van die rivier die soektog.
Werner Vermaak, kommunikasiebestuurder van ER24, het gesê paramedici is ook na die toneel ontbied. “Die polisieduikers is steeds op die toneel besig om na die man te soek. Die paramedici is op die oewer op bystand om noodhulp te verleen sodra die man gevind word,” het Vermaak gesê.
Baie simpatie met sy gesinslede. Nie geweet die rivier loop so sterk nie…