Man deur rowers agtervolg, geskiet

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn Man is in ʼn kritieke toestand nadat hy gedurende ʼn rooftog in Maitland, Kaapstad, geskiet is.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die 63-jarige man is glo deur drie rowers in ʼn wit Toyota Yaris gevolg nadat hy by ʼn bank uitgestap het. Die rowers het die man in Productstraat oorval en in die bolyf geskiet.

“Terwyl die rowers op die vlug geslaan het, het hulle ook ʼn 60-jarige veiligheidswag geskiet wat die man te hulp probeer snel het. Hulle het daarna met ʼn onbekende bedrag kontant van die toneel af weggejaag,” het Van Wyk gesê.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man wat beroof is, is op die toneel behandel en daarna in ʼn kritieke toestand na die Groote Schuur-hospitaal vervoer. Dit is nie duidelik wat die toestand van die veiligheidswag is nie.

Van Wyk het gesê twee sake van poging tot moord en ʼn saak van gewapende roof word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Michael ·

Ek wonder hoe die skelms geweet het hoeveel geld die slagoffer by hom gehad het.??

johannes ·

dis maklik.
arresteer almal in die bank, sit almal deur poligraaf en jy gaan die skelm vang
inside job

Dee ·

Ag seblief! Baie dankie vir jou kitsoplossing maar klaarblyklik weet jy nie dat ‘n leuenverklikker nie eens deur ‘n hof geglo word nie. Probeer ‘n nuwe ‘maklik’ een soos byvoorbeeld kristalglas.

Wat-ek-lees ·

Jy is so reg Dee. Daardie liegmasjien het al vele probleme veroorsaak en word tereg nie deur die howe erken. Dit is ook ‘n geldmaak storie wat aan werkgewers valse inligting verskaf.

Bertie ·

Ondersoek ook sommer die Teller wat hom bedien het, ek ruik lont.

Fransie ·

Jammer, maar ek het geen simpatie met die persoon nie. Hoeveel keer moet mense nog gewaarsku word om nie groot bedrae kontant te trek nie???? Almal weet al teen die tyd daar is ORAL kriminele (selfs in banke!!) – kyk nou maar weer na FNB as die nuutste voorbeeld. Luister tog asb net na raad en hou op groot bedrae kontant trek dan sal sulke dinge nie gebeur nie.

Wickus ·

Jy kan mos nie net se jy het nie simaptie met die mens omdat hy geld gaan trek nie.
Party mense het nie ‘n ander opsie nie, hulle moet lone betaal aan werkers en dit gebeur baie dat hulle kontant wil he, veral by bouers. Mens kan ook nie meer bekostig om in die aand te ry nie want jy kan gekaap word, as iemand a.g.v dit sterf is dit ook sy eie skuld?

Zena ·

Ons is vinnig om n klip te gooi,ne. Nie almal het toegang tot tegnologie nie, so nie almal kan oorbetalings sommer net so doen nie. en die man is 63 jaar oud. natuurlik vertrou hy sy eie oordeel as dit by geld kom. En dalk moes hy mense gaan betaal het wat glad nie bank rekeninge het nie. Sterkte aan altwee wat geskiet is, hoop hulle sterk gou aan. en natuurlik ook dat die rowers/misdadigers so gou moontlik gevang word. en ja, ek stem dis seer sekerlik n “inside job”.

Erf Wetter ·

So dis die slagoffer se skuld dat hy geskiet en beroof is omdat hy so “stupid” was om baie geld by hom te dra, en nie hy (of die veiligheidswag) verdien daarom jou simpatie nie? Wat is fout met jou?! Sulke dinge sal ophou gebeur wanneer daar jag gemaak word op misdadigers, hulle gedrag met die minagting veroordeel word wat dit verdien en hulle uit die samelewing verwyder word, nie wanneer mense ophou om groot bedrae geld by hulle te dra nie!

m ·

Sindikate by die bank , dis al hoe hulle geweet het van hom. Almal by die tellers moet leunverklikker toets doen dan sal hulle gou sien wie is skuldig. Hierdie tipe ding gebeur nou daagliks.

Arizona ·

Die banke sal onder geen omstandighede eers erken dat hulle vermoed dis n inside job nie want dit gaan beteken dat hulle ook moet erken dat hulle skelms aan stel. Gaan kyk maar na die hoeveelheid mense wat aangeval word wat van die bank af teruggekom het en vra jouself die volgende, hoe weet hulle wie trek groot hoeveelhede geld en hoe is dit moontlik dat hulle presies op die regte tyd daar is. Daar is elemente binne die bank wat hulle help, die banke is te bank om dit oop te vlek.

Johann ·

Ek is nogal geneig om met Fransie saam te stem, maar ek sien die ander standpunte in. Ek probeer self die bank vermy, want dit word al meer gevaarlik om met kontant by jou te loop. Ek is ook nie vreeslik lief vir internet bankdienste nie, maar jy kan ook nie jou brood aan albei kante gebotter hê nie. Vandag weer kyk ek in die bank na die geslotekring televisiekameras (CCTV) en wonder wie hulle beman! Wie hou die kliënte deurgaans dop? Dit laat my heel ongemaklik voel. Sterkte aan albei mans en hul families.

DPJ ·

Dit gebeur nou daagliks dat skelems in die banke rond staan en mense dophou wat geld trek en dan hulle maats buite die bank van kliënte wat groot bedrae ontrek inkennis stel.
Die is ‘n groot ewel. mense in die bsnk mag nie hul selfone daar gebruik nie maar wie steur hulle daaraan?
Verbied alle selfone in bank. Elkeen wat bank binne gaan se selfoone moet in gehandig word. Deure moet mense wat selfone aan hulle het nie deur laat gaan nie.
Selfs werker mag nie ulle fone in mag neem nie.

Elgeraine ·

Ek het al gelees hulle moor vir n los sigaret! Die mentaliteit se alles…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.