Man deur sleepwa vergruis

Argieffoto: Netcare 911

Argieffoto: Netcare 911

ʼn Man is Donderdag in Krugersdorp dood toe hy deur ʼn sleepwa vir swaargoedere vergruis is.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het by ʼn industriële perseel in Kagiso gebeur. Twee werkers het na bewering onder die sleepwa gewerk toe dit bo-op hulle geval en hulle teen die grond vasgepen het.

“Albei mans het lewensbedreigende beserings opgedoen en was in ʼn kritieke toestand met die paramedici se aankoms op die toneel,” het Botha gesê. Nooddienswerkers het hard probeer om een van die mans, glo in sy 30s, by te bring, maar hy het op die toneel aan sy beserings beswyk.

Die ander man, in sy 40s, is gestabiliseer voordat hy per helikopter na ʼn hospitaal met ʼn gespesialiseerde trauma-eenheid geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.