ʼn 37-jarige man is dood nadat hy Donderdag in Kempton Park aan die Oos-Rand deur ʼn trein getref is.
Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het op die treinspoor naby die kruising van Pretoria- en Van Riebeeckweg plaasgevind.
“Die man se liggaam is naby die treinspoor gevind. Hy het ernstige hoofbeserings en beserings aan sy linkerarm gehad. Ongelukkig kon niks vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar,” het sy gesê.
Die man se dood word ondersoek.
Daar is regtig niks om te ondersoek nie ! Wat maak hy tussen treinspore ? Sien daagliks hoe hulle blindelings oor die spore hardloop.