Man deur trein doodgery in KZN

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man, glo in sy 30’s, is dood nadat hy deur ʼn trein getref is in Marianhill, KwaZulu-Natal.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is na Marianhill-treinstasie ontbied. Omstanders het die paramedici sowat 700 m verder teen die treinspoor af gevat na waar die man se liggaam gelê het.

Volgens Meiring is die man op die toneel dood verklaar. Geen verdere besonderhede is onmiddellik bekend nie. Die presiese oorsaak word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Chris ·

Seker sy vinger opgesteek gehoop hy kan saam ry soos n Taxi

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.