Man deur trein getref

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is Sondagoggend na ʼn hospitaal gehaas nadat hy in die Prestbury-gebied in Pietermaritzburg deur ʼn trein getref is.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is na die toneel ontbied en het die man langs die treinspoor aangetref.

“Die man, glo 31 jaar oud, het wonderbaarlik net matige beserings opgedoen,” het Bodasing gesê. “Hy is op die toneel gestabiliseer voordat hy na ʼn hospitaal geneem is.” Sy het gesê dit is nie duidelik hoe die man voor die aankomende trein beland het nie.

Die polisie is ook na die toneel ontbied om die voorval te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Cherokee ·

Die beseerde is klaarblyklik nie ernstig beseer nie en gelukkig het niemand op die trein beserings opgedoen nie.

Oni ·

Is bly die persoon het nie te seergekry nie maar die trein was amper afgeskryf.

Lynette ·

Geen normale mens loop op die spore nie . Hy is of daar ingestamp of dit is een van die selfmoord voorvalle . Baie bly hy is nie ernstig nie om die waarheid te vertel

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.