Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is na die toneel ontbied en het die man langs die treinspoor aangetref.
“Die man, glo 31 jaar oud, het wonderbaarlik net matige beserings opgedoen,” het Bodasing gesê. “Hy is op die toneel gestabiliseer voordat hy na ʼn hospitaal geneem is.” Sy het gesê dit is nie duidelik hoe die man voor die aankomende trein beland het nie.
Die polisie is ook na die toneel ontbied om die voorval te ondersoek.
Wat soek n mens op treinspoor??
Die beseerde is klaarblyklik nie ernstig beseer nie en gelukkig het niemand op die trein beserings opgedoen nie.
Is bly die persoon het nie te seergekry nie maar die trein was amper afgeskryf.
Geen normale mens loop op die spore nie . Hy is of daar ingestamp of dit is een van die selfmoord voorvalle . Baie bly hy is nie ernstig nie om die waarheid te vertel