Man deur voormalige vennoot doodgeskiet

Argieffoto: Kent Williamson

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Man is Vrydagoggend by sy onderneming in Meyerton deur ʼn voormalige vennoot doodgeskiet.

Konst. Maria Letsele, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee mans het glo buite die onderneming staan en gesels. Die eienaar het glo omgedraai en geloop toe die vennoot hom verskeie kere in die rug geskiet het.

Volgens Letsele wou die vennoot van die toneel vlug, maar is deur die polisie ingewag. Die man het homself hierna in die kop geskiet.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is na die toneel ontbied waar die twee mans op die toneel dood verklaar is.

Die presiese omstandighede rondom die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Han ·

Sal daar ooit weer ‘n dag aanbreek dat ons nie meer oor soveel moorde sal lees nie? Suid-Afrika het ‘n land van wreedaards, moordenaars en rampokkers geword. Die leuse van die kriminele is: “Maak dood en gryp!” Die gevolge daarvan is nie van belang nie.
Net die Here kan ons uit hierdie bose spiraal red! Ons mag nie ophou bid nie.

Anton ·

…ons Ekonomie onderwyser het vir ons in 1972 gese…”jy gaan nie eers met jou broer in n venootskap nie”…

Dirk ·

Die polisie het hom ingewag? Waar? As hulle daar was, kon hulle sekerlik die situasie sien ontaard en kon miskien proaktief reageer het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.