Man deur weerlig doodgeslaan

Argieffoto: CorinnaST, Pixabay

Argieffoto: CorinnaST, Pixabay

ʼn Man is dood en vyf mense beseer toe hulle Donderdag deur weerlig getref is.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, is paramedici na ʼn winkel in Wartburg in KwaZulu-Natal ontbied.

“By ons aankoms het talle mense onder ʼn boom buite die winkel gesit. ʼn Groep omstanders het ook op die toneel saamgedrom. Paramedici het ʼn man, in sy 20’s, ondersoek en bevind dat hy ernstige beserings opgedoen het.”

Volgens Meiring het paramedici vergeefs probeer om die man by te bring en is hy op die toneel dood verklaar. “Nog vyf mense het geringe beserings opgedoen,” het Meiring gesê.

Die plaaslike owerhede was ook op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Anti ·

Innige simpatie met naasbestaandes. Die geagte minister gaan seker nou iemand aanstel soos sy voorheen gesê het dit is ‘n rassistiese weerlig wat net anderskleuriges doodslaan en sy sal die skuldiges aankla van moord

Joubert ·

Ek wonder wat die uitslag van die ondersoek gaan wees? Kan nie wag om te hoor nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.