Man deur weerlig getref

Foto: Netcare 911

ʼn 25-jarige man is in ʼn kritieke toestand nadat hy Donderdag deur weerlig raakgeslaan is in Krugersdorp aan die Wes-Rand.

Die man was glo besig om gras te sny toe ʼn donderstorm losgebars het, volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911.

“Die man het saam met ander mense onder ʼn boom skuiling gesoek toe hy deur weerlig getref is.”

Volgens Herbst het die man ernstige brandwonde oor ʼn groot deel van sy leef opgedoen. Hy het noodbehandeling op die toneel ontvang voordat hy per helikopter na ʼn hospitaal in Johannesburg geneem is.

Die ander mense wat saam met hom onder die boom skuiling gesoek het, is nie ernstig beseer nie.

Foto: Netcare 911

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Bekommerd ·

Ai, dis regtig tragies. Weer eens ‘n bewys dat die verkeerdste ding om te doen is om onder ‘n boom te skuil as daar weerlig is. Die arme jongman. Baie sterkte vir hom.

humor ·

Ja baie verkeerd. Onder n boom tussen baie ander bome minder gevaarlik, maar moet tog net nie skuiling soek onder n alleenstaande boom ver van ander bome nie.

? leser ·

dit wys weereens die krag van God, om hom alleen te laat seerkry terwyl die ander nie ernstig beseer is, sterkte jong man, jyt nog ‘n kans in die lewe gekry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.