Man deurboor toe hy van dak val

Argieffoto: Netcare 911

Argieffoto: Netcare 911

ʼn Man is Dinsdagmiddag dood nadat hy van ʼn gebou in Warner Beach aan die KwaZulu-Natalse suidkus geval het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man het glo op die dak van die tweeverdiepinggebou geklim om ʼn afdak aan die kant van die gebou te stabiliseer aangesien die wind baie sterk gewaai het.

Volgens Botha het die man van die dak op ‘n palisadeheining geval wat hom deurboor het. Botha het gesê die man is met paramedici se aankoms op die toneel dood verklaar. Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.