Man dieselfde dag vasgetrek ná plaasaanval

plaashek-pexels

Foto: Pexels

ʼn Man is in die Vrystaat vasgetrek in verband met ʼn plaasaanval vroeër dié dag in Mpumalanga.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte was een van twee mans in ʼn voertuig wat verdag gelyk het en deur polisie agternagesit is.

Volgens Mbambo is die voertuig naby Villiers opgemerk en het polisiebeamptes vir die bestuurder gewys om stil te hou, maar het hy weggejaag. “Die polisie het bystand ontbied en kon daarin slaag om die voertuig tot stilstand te bring,” het Mbambo gesê.

Twee mans het volgens Mbambo uit die voertuig gespring en te voet begin vlug. “Die polisie kon daarin slaag om een van die mans vas te trek en op die voertuig beslag te lê. Die verdagte het die polisie na sy huis geneem waar hulle op vier gewere, twee pistole, ammunisie en drie selfone beslag gelê het.”

Volgens Mbambo het verdere ondersoek aan die lig gebring dat die voertuig, wapens, ammunisie en selfone tydens ʼn plaasaanval gesteel is.

Mbambo het gesê ʼn boer is Donderdagoggend op sy plaas in Greylingstad in Mpumalanga aangeval. “Hy was omstreeks 07:00 by die hoenderhokke besig toe hy deur twee onbekende mans aangeval is. Hulle het hom oorrompel en aangerand en toe sy hande en voete vasgebind,” het Mbambo gesê.

Hulle het talle goed gesteel en toe in die boer se bakkie van die plaas gevlug. Volgens haar sal die verdagte in Mpumalanga verskyn in verband met die aanranding van die man, en dan in Limpopo op aanklagte van die onwettige besit van ʼn vuurwapen en die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Margaret ·

Welgedaan SAP! Dit is goed om van n suksesstorie te hoor – hou so aan.

Willie ·

Laat hom praat, wie is verantwoordelik! Kom vat hom waarheidskamer toe!

Van ·

Dit sal baie interessant wees om te weet of dit net “random” was of nie?!

Kat ·

Ek stem saam met Willie.Maak hom praat.Wie het die bevele gegee!!

Alida ·

Daar is mos maniere om hom te laat sing soos ‘n kanarie. Hy MOET sê watter party gee die opdragte !!!!

Leahim ·

Sjoe , ek kan nie glo die polisie het eiehandig die skurke gevang sonder hulp van sekuriteit beamptes nie hoop dit was nie n per toeval ding nie nie hou so aan en die algemene publiek kry weer respek vir julle goeie werk.

Alida ·

As ons die SAPD bly loof en prys sal hulle weer selfvertroue kry.

Leahim ·

Hulle kry alreeds n salaris vir niks doen om geprys te word moet jy dit verdien en wat doen hulle meet hulle doeltreffendheid aan die stygende misdaad dan skuld hulle die publiek n verskoning

Michelle ·

Ek stem saam met Leahim hul verdien geen verskoning nie. Sake stoor stof op hul tafels en dit is net die handjie vol wat regtig hul werk doen wat die passie het, vir die ander nou ja as hy nie self toegee aan misdaad of oneerlikheid nie sit hy en wag vir betaal dag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.