Man dood, 2 beseer ná motor ‘om boom vou’

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Man is dood en twee ander mense beseer toe ʼn motor Maandagmiddag teen ʼn boom in Mondeor in die suide van Johannesburg gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 14:00 na die toneel ontbied.

“Daar word vermoed dat die bestuurder van die motor beheer oor die voertuig verloor het en van die pad af geswenk het. Hy het ʼn voetganger getref voordat die motor teen die boom gebots het,” het Meiring gesê.

“ʼn Ligte voertuig is aangetref waar dit byna heeltemal om ʼn boom gevou was. ʼn Man (die voetganger) het ʼn ent weg van die wrak gelê, terwyl twee ander mans in die voertuig vasgekeer was,” het hy gesê.

Hy het gesê albei mans in die motor, vermoedelik in hul 20’s, was in ʼn kritieke toestand. “Nadat die mans uit die voertuig gehaal is, het paramedici onverpoosd gewerk om hulle te stabiliseer. Een van die mans het op die toneel aan sy beserings beswyk.”

Volgens Meiring het die man wat buite motor gelê het matige beserings opgedoen. Albei beseerdes is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas.

Die ongeluk word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Oosie ·

Onmoontlik om so ‘n ongeluk in ‘n 60-Zone te maak. Hulle moes ‘n ontsettende hoë SPOED gery het.!!

Gallie ·

Stem 100% saam met jou Oosie. Dit is so onnodig dat jong mense in die fleur van hul lewens so aan hulle einde kom.

Ligvoet ·

Stem saam Oosie. Ek sien dis in Columbineweg volgens “Arrive Alive”. Daar kan ‘n voet swaar raak en dan gebeur dit. Ek vermoed nie dat hy beheer verloor het maar dat hy wel beheer verloor het a.g.v. SPOED. Tragies die jongmense wat so dood raak op ons paaie.

Danie Rossouw ·

Teen 60 km p/u kan kar so lyk. Het heel moontelik vir die voetganger probeer uitswaai & daarom beheer verloor. Die Honda motor was oud & volgens “hubcaps” dood standaard. Omdat mens jonk is beteken dit nie hy is onverantwoordelik. Voetgangers oorsaak van baie ongelukke.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.