Man dood, 3 beseer in trompop botsing

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Man is dood en vier mense is beseer na twee motors reg van voor gebots het in Benoni aan die Oos-Rand.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê vier mense was in een van die motors vasgekeer en een persoon in die ander motor. Albei motors het op hul kante tot stilstand gekom. “Twee vroue is ernstig beseer en is uit die eerste motor bevry. Daar is meganiese toerusting gebruik om die ander twee insittendes te bevry,” het Vermaak gesê.

“Terwyl paramedici gespook het om toegang tot die insittendes te kry het een van die mans aan sy beserings beswyk.” Een van die insittendes is per helikopter na die Charlotte Maxeke-hospitaal geneem vir behandeling. “Die twee vroue is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem,” het Vermaak gesê.

Die bestuurder van die ander motor het geringe beserings opgedoen. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

Foto: ER24

Foto: ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.