Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê vier mense was in een van die motors vasgekeer en een persoon in die ander motor. Albei motors het op hul kante tot stilstand gekom. “Twee vroue is ernstig beseer en is uit die eerste motor bevry. Daar is meganiese toerusting gebruik om die ander twee insittendes te bevry,” het Vermaak gesê.
“Terwyl paramedici gespook het om toegang tot die insittendes te kry het een van die mans aan sy beserings beswyk.” Een van die insittendes is per helikopter na die Charlotte Maxeke-hospitaal geneem vir behandeling. “Die twee vroue is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem,” het Vermaak gesê.
Die bestuurder van die ander motor het geringe beserings opgedoen. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.