Man dood, 4 beseer in botsing

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ʼn Man is dood en vier mense is beseer in ʼn botsing reg van voor op die R500 naby Carletonville aan die Wes-Rand.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 17:00 Vrydagaand plaasgevind. ʼn Man se liggaam is in een van die motors gevind. Vier mense het ernstige beserings opgedoen.

Die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

dries ·

n Mens is net nie verbaas as jy sulke ongelukke sien, kyk hoe jaag die mense op die pad, as ek padtekens gehoorsaam word ek gevloek,

privaat ·

Die ongeluk het nie met spoed tedoen gehad nie. Die persoon wat omgekom het, het aan die verkeerde kant van die pad gery en heelmoontlik op selfoon gewerk omredevhy afgekyk het en nie pad dopgehou nie. Die ander voertuig bestuurder het oorgegaan na regs om die ander voertuig te mis. Oomblikke voor die ongeluk het die ander bestuurder opgekyk en geskrik toe hy sien hy is in die verkeerde ry vlak en terug geswaai in die aankomende voertuig is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.