Man dood aangetref in bakkie langs hoofweg

Die bakkie wat langs die pad aangetref is. Foto: Verskaf.

’n Man is Dinsdagmiddag met verskeie skietwonde aan sy kop in sy bakkie langs die N2 aangetref.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die voorval het op die N2-Suid in Scottburg in KwaZulu-Natal plaasgevind.

Paramedici het by die toneel opgedaag en die man aangetref binne ’n bakkie se wrak wat op sy dak aan die kant van die pad gelê het.

“Paramedici het ’n man se liggaam binne die bakkie opgemerk. Hy het verskeie skietwonde aan sy kop opgedoen. Hy is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê.

Meer besonderhede oor die voorval is nog nie bekend nie.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Baie sterkte ·

Sterkte. Dis moord. As n baksteen van brug afgegooi kan word,kan daar vanaf langs die pad op motoris geskiet word.

Cherokee ·

Miskien is dit terrorisme wat onder ‘n dekmantel was maar nou meer openlik word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.