Man dood aangetref in Pta-huis

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die polisie sal ʼn geregtelike doodsondersoek doen nadat ʼn man Dinsdagmiddag dood aangetref is in die kombuis van sy huis in Moreletapark, Pretoria.

“ʼn Besorgde buurman het die polisie ontbied omdat hy die man vir ʼn ruk lank nie gesien het nie en die ligte in die huis bly brand het,” het kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die polisie het ondersoek ingestel en die brandweer is ontbied om die polisie te help om toegang tot die huis te bekom.

“Die polisie het in die kombuis op die man se liggaam afgekom,” het Weilbach bygevoeg. “Dit is ʼn onbekende wit man tussen 35 en 45 jaar oud.”

Volgens haar vermoed die polisie nie in hierdie stadium vuilspel nie. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van die man se dood te bepaal.

Die polisie versoek enigiemand met verdere inligting om die Garsfontein-polisie te skakel by 012 470 4224.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.