Man dood aangetref in silo

Foto: ER24

Die liggaam van ʼn man is Maandagoggend in ʼn graansilo op ʼn plaas naby die R555 buite Springs gevind.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici en brandweerbeamptes is teen 09:15 na die plaas ontbied en na die silo geneem. By hul aankoms het hulle gevind dat van die werkers reeds begin het om die graansilo leeg te maak waar die man vasgekeer was.

“Paramedici, brandbestryders en plaaswerkers het ʼn paar ure lank gewerk om die silo leeg te kry om toegang tot die man te kry,” het Meiring gesê.

Die man is uiteindelik uit die silo bevry en deur is paramedici ondersoek. Hy het egter reeds aan sy beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar.

“Die omstandighede rondom die voorval is nie bekend nie en word deur die polisie ondersoek,” het Meiring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Johanna Botha ·

Die geval word deur die polisie ondersoek ….WOW hoe gerus voel mens nou !

RB ·

Ek sou graag volle besonderhede wou hê oor wat die Polisie bedoel waneer hulle “ondersoek”, want soms kom dit voor dat dit al is wat hulle ooit doen.

Giftige gasse ·

Graan word gewoonlik met swamdoders behandel, wat, alhoewel in lae konsentrasies, n persoon kan dood wat in n silo geval het. N mens leef vir lank nog, maar soos die gif al langer ingeasem word, word dit dodelik. Dit is waarom mens nooit alleen op of in n silo moet gaan nie, as jy daarin val moet ander weet sodat jy vinnig uitgehaal kan word. Uithaalwerk is ook nie maklik nie, dit is moeilik, tydsaam en verg spesiale toerusting. Waarom het die man in of op die silo geklim sonder ander se medewete?

A ·

Hoe gerusstellend dat ons swamdoders eet wat mense kan doodmaak. Seker hoekom almal deesdae allergies en siek is.

koos1 ·

Nog ‘n vraag, en sonder on onsimpatiek te wees. Moet werkers nie veiligheids toerusting dra voordat in die silos ingegaan word nie? Tot ‘n tou om die lyf is beter as niks.

zoom zoom ·

En wat gebeur nou met die inhoud wat binne in die silo is waar die persoon ontdek is???

MERAAI ·

Wat her gebeur met Health and Safety????? Weet baie jare terug het n dame ook so ingeval oor n reeling wat los was?

Denise ·

MERAAI jy vra n vraag wat ek vir jare al vra . My seun het sy been in n skag verloor driejaar terug en dit asgevolg van geen Health en Safety nie en onopgeleide mense wat aangestel word en glo my die plek waar hy gewerk het is n groot firma en dit het nog nie verbeter nie na hom het nog baie seer gekry en hy het geen uitbetaling ontvang nie ???? Vir my lyk dit of jy net n nommer is makliker om net nog iemand aantestel . Dit is tog nie hulle wat met die pyn sit nie????? Sterkte aan die man se familie!!! Without prejudice

Denise ·

Asgevolg van geen Health en safety nie het my seun sy linkerbeen in n Auger verloor en dit by n groot firma en geen uitbetaling en geen simpatie vir my is dit tragies !!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.