Man dood aangetref in swembad by Kimberley-vakansieoord

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is Maandagoggend dood aangetref in ʼn swembad by ʼn vakansieoord naby Kimberley in die Noord-Kaap.

“Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek na die afsterwe van Andile Mbala (25),” het lt. Andrea Cloete, woordvoerder van die polisie, gesê. “Sy liggaam is omstreeks 08:00 op die bodem van die swembad aangetref by die Riverton-plesieroord.”

Mbala het in Bloemanda, Galeshewe, gewoon. ʼn Nadoodse ondersoek sal die oorsaak van sy dood bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.