ʼn 36-jarige man is Maandag dood aangetref onder ʼn hout spantoring wat ʼn kragdraad en transformator opgehou het in Kirkwood in die Oos-Kaap.
Kapt. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Maandagoggend vroeg naby Moses Mabida plaasgevind. “Polisiebeamptes is in kennis gestel van die voorval deur werkers wat ontbied is ná ʼn kragonderbreking in die gebied.”
Die naam van die oorledene is nog nie bekend gemaak nie, omdat sy naasbestaandes nog nie in kennis gestel is nie.
Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Die persone is glo nie om 03.00 uit na die toneel nie maar eers 8uur vanoggend.
Moses Mabida is n swart woonbuurt. Die ou is dood geskok hy wou koperdraad steel. Glo paal afgekap. Ek woon in kirkwood en het maar by FB ouens gehoor
Skande dat die Stadsraat die draade so lewendig los – hulle weet mos daar is ‘n kaans dat iemand die kaabels sal wil steel. Dis soos om ‘n vergiftigste bottel drank in jou drankkabbinet te los vir die inbreekkers. Dis einklik moord.
Die kabels en paal sal nie sommer net val nie, wou krag of kabels steel, die blinde sambok slaan baie hard.
@ Koos, wat ‘n redenasie? Jy het seker plastiese veiligheids heinings om jou woning….. sodat hulle nie kan seerkry as hulle wil oorklim en inbreek nie!! Maar ja, die spelling is seker die antwoord !!