Man dood by kragstasie aangetref

Medupi Foto: Medupi Powerstation Project, Facebook

Die polisie in Lephalale (Ellisras) in Limpopo doen ʼn geregtelike doodsondersoek ná die liggaam van ʼn 66-jarige man Dinsdag by een van Eskom se kragstasies aangetref is.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê Kim Farmer se liggaam is by die Medupi-kragstasie aangetref.

“Hy is aangetref tussen sy motor en die slootgrawer-laaigraaf (TLB) wat hy sou herstel met sy gesig na bo,” het Mojapelo gesê.

ʼn Ambulans is na die toneel ontbied en Farmer is met hul aankoms daar dood verklaar.

Volgens Mojapelo was Farmer in diens van een van Eskom se kontrakteurs by Medupi.

Die oorsaak van sy dood is steeds onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

jaco ·

Word regstellende aksie afdankings dan nou al met moord toegepas?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.