Man dood gevind in motor

Argieffoto

Argieffoto

Paramedici het Vrydag ʼn man se liggaam in ʼn motor in Benoni aan die Oos-Rand aangetref.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê toe paramedici op die toneel aangekom het, het hulle die man in die bestuurdersitplek van die motor gevind. Hy het ʼn skietwond aan sy kop gehad.

“Paramedici het die man onmiddellik uit die motor verwyder. Ongelukkig het die man na 30 minute se mond-tot-mond-asemhaling nie sy bewussyn herwin nie en is hy op die toneel dood verklaar,” sê Meiring.

Die man was glo in sy 30’s. Volgens Meiring is daar nog nie vasgestel hoe die man geskiet is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marius Durandr ·

Die vyand loop rond soos n brullende leeu, kyk waar kan hy slag en vewoes. Suid afrika sie speelveld van moord en selfmoord .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.