Man dood in aanval op Mbombela-egpaar

polisie-huisroof-crime

(Argieffoto: SA Polisie)

’n Egpaar van Mbombela (Nelspruit) in Mpumalanga is Donderdag in die vroeë oggendure in hul slaapkamer oorval en vermoedelik met ’n skerp voorwerp gesteek.

Die man is in die aanval dood. Sy vrou is ná die aanval na ’n hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Albert Greyvenstein van Bossies Community Justice was vanoggend op die toneel. Hy sê die egpaar het gelê en slaap toe hulle tussen 02:00 en 03:00 wakker geskrik het. Die aanvallers was reeds in die slaapkamer. Van wat hy van die vrou kon verneem, was daar drie aanvallers gewees.

Daar was glo ’n struweling tussen die man en verdagtes. Die man is vermoedelik met ’n skerp voorwerp gesteek en het aan sy beserings beswyk.

Die vrou het ook steekwonde gedurende die aanval opgedoen en is na ’n hospitaal geneem.

Die betrokke polisiewoordvoerder het nie vanoggend op navrae rakende die voorval gereageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Anel

Lyk my die aandklokreel geld net vir sekeres. Sterkte aan die familie.

Hoekom

Nog bloed op die ANC regime en “our people” se hande…

Cecilia

Skrikwekkend! Ek bly hier.
En Hoedman wil ons ontwapen met sinpel wapenlisensie aansoeke. Gmpf