Man dood in bakkie langs N3 aangetref

Die toneel. Foto: Verskaf deur ER24.

ʼn Man is Maandagoggend dood met ʼn skietwond aan sy kop in sy bakkie op die N3 aangetref.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê die bakkie is op die N3 net voor Hammarsdale in KwaZulu-Natal aangetref.

“Paramedici het om 09:28 by die toneel opgedaag en die forensiese span was reeds op die toneel. Daar het ’n wit bakkie aan die kant van die pad gestaan. Die bestuurder van die bakkie het ’n skietwond aan sy kop gehad,” het Van Huyssteen gesê.

Hy is volgens Van Huyssteen op die toneel dood verklaar.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die liggaam van die 38-jarige man is omstreeks 06:50 in sy voertuig aangetref.

“Die motief vir die moord is in die stadium nog onbekend,” het Gwala gesê.

Die polisie ondersoek ’n saak van moord hoewel niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem is nie.

Enigiemand met meer inligting oor die voorval kan hul plaaslike polisiekantoor of 08600 10111 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Monica ·

Goeie dag. Is daar al details bekend van die 38 jaroge man wat langs die N3 gevind is? Wat is die ras van dié persoon?

Anneke ·

Goeie dag
Vir almal met die snedige opmerkings oor Monica. Dit was nie n “rassistiese” vraag nie. Monica se broer is vermis vanaf 19Jan. Sonder enige verdere leidrade. Sy voertuig is per toeval verlate in die kus opgespoor. Gaan kyk missing adults Johan Heyns. Ons hoop nie maar dit kan dalk haar broer wees ……….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.