Man dood in gru-vragmotorbotsing

Foto: Verskaf.

ʼn Man is Maandagmiddag net na 13:00 dood tydens ʼn botsing tussen twee vragmotors.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê die voorval het op die N2-noord net na die M7 plaasgevind.

“Ons paramedici het by die toneel opgedaag en gevind dat twee vragmotors van agter teen mekaar gebots het. Die passasier van die agterste vragmotor was vasgekeer in die wrak,” het Jamieson gesê.

Hy was volgens Jamieson erg beseer en is op die toneel dood verklaar. Die bestuurder is matig beseer en is op die toneel gestabiliseer voor hy na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas is vir verdere mediese sorg.

Die insittendes van die tweede vragmotor is nie beseer nie.

Die omstandighede rondom die voorval is nog nie in die stadium bekend nie, en die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Buitestander ·

Die agter bestuurder het nie goeie sig nie en kan nie die trok voor hom raak sien nie.

JM ·

Hoe kan jy sê die twee vragmotors het van agter teen mekaar gebots dws hulle het in tru rat gebots i.p.v. die een het van agter teen die ander een gebots.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.