Man dood in park aangetref

Argieffoto

Argieffoto

’n Aanklag van moord word ondersoek nadat die lyk van ’n man Dinsdagoggend in ’n park in Villieria, Pretoria, gevind is.

Die park is op die hoek van Meyerstraat en 33ste Laan.

Die polisie is in die vroeë oggendure ontbied nadat iemand op die lyk afgekom het.

“Die man is ongeveer 60 jaar oud,” het kapt. Coba Brits, woordvoerder van die polisie aan Maroela Media gesê.

Die oorsaak van die man se dood is nog onbekend en die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.