Man dood in polisiesel aangetref

Argieffoto

Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek die dood van ʼn man wat Woensdag in ʼn Lwandle-polisiesel in die Strand in die Wes-Kaap dood aangetref is.

Victor Udes, ʼn 28-jarige Nigeriese burger, se liggaam is omstreeks 12:27 deur polisiebeamptes aangetref waar hy na bewering sy trui gebruik het om homself in die sel op te hang.

Dít volg nadat polisiebeamptes vroeër die dag omstreeks 10:30 klagtes ontvang het van huishoudelike geweld.

Moses Dlamini, woordvoerder van Opod, het gesê polisiebeamptes is na ʼn huis in die omgewing ontbied waar hulle begroet is deur ʼn vrou wat haarself as die oorledene se eksmeisie voorgestel het. Dié vrou was besig om uit die huis te trek.

Die vrou het na bewering aan die polisiebeamptes gesê dat haar ekskêrel betrokke is by dwelmsmokkelary waarna die man vinnig ʼn pakkie, wat in plastiek toegedraai was, gegryp en ingesluk het.

Volgens Dlamini is die man deur die polisie ondervra waartydens hy die polisie gevloek het. Die man is op die plek in hegtenis geneem en toe in die aanhoudingselle van die polisiestasie geplaas waar hy later dood aangetref is.

Die man se liggaam is na die Tygerberg-lykshuis geneem. ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Alida ·

Se ek ook. Hy het dan mos nou selfmoord gepleeg deur te OD. Wat is daar om te ondersoek?

Trol ·

Inderdaad!
Ek wil nog sien hoe skeur hulle komberse met hulle kaal hande. Dis mos die klasieke galg tou. “Hy het die polisie gevloek” says it all.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.