Man dood ná aanranding in kroeg

(Argieffoto)

Twee mans sal na verwagting volgende week in die hof verskyn nadat hulle glo ’n man by ’n kroeg in Pretoria aangerand het. Die man het na die aanranding aan sy beserings beswyk.

Volgens ao. Marinda Austin, woordvoerder van die Villieria-polisiestasie, het die beweerde aanval op 28 Februarie by ’n kroeg in Waverley in Pretoria plaasgevind. Die naam van die kroeg is aan Maroela Media bekend, maar die webblad kon nog nie die kroeg se bestuur in die hande kry nie en weerhou dus die naam.

“Die man het omstreeks 22:00 by die kroegtoonbank gestaan toe hy deur een van die verdagtes van agter af oorval is. Die verdagte het die man teen sy oor geklap,” sê Austin.

Volgens Austin het die tweede verdagte daarna op die man gespring en hom verder aangerand.

“Die man het omstreeks 23:10 aan sy beserings beswyk.”

Die polisie het die twee verdagtes verlede Woensdag vasgetrek. Hulle is tans in aanhouding en sal na verwagting volgende Donderdag in die hof verskyn vir hul amptelike borgtogaansoek. Austin kon nie bevestig in watter hof die twee mans sal verskyn nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Fedup

I am so tired of all of this senseless murders and childish fights that get you in trouble.
Is there anyone on this planet with common sense?

Daleen

Wonder of DIE saak beter hanteer gaan word as Daniel Botha s’n wat in 2018 ook deur 2-3 mans aangerand is – in ‘n kroeg in Benoni – en daarna dood is. Hulle is op R5 000 borgtog en op vrye voet en arme Daniel se familie gaan nooit geregtigheid en afsluiting kry nie. My innige simpatie aan die oorledene se familie.

Estelle

Drank wat nie verantwoordelik gebruik word nie is die oorsaak van menigte rusies en moorde.

Danie

Dit is te maklik om altyd drank te blameer. Ek se daar moet geen maar geen versagtende omstandighede wees as jy iemand vermoor wanneer jy onder die invloed is of bedwelmd is nie. Jy as mens is bewus wat drank of dwelms aan jou doen dus as jy onverantwoordelik is om dit te gebruik en jy vang nonsens aan dan moet jy die gevolge dra. Mense kom te maklik weg en kry ligte vonnisse en dit nadat hulle n ander se lewe geneem het. Sluit hul toe en gooi die sleutels weg.

Johan

Onthou net Danie,dat alkohol die mens se totale mindset verander….dr Jeycle word ń mr Hyde.Verban die gemors,saam met Nikotien….hulle loop saam….