Man dood ná aanval op Noordwes-kleinhoewe

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn 60-jarige man is Saterdag dood toe hy in die vroeë oggendure op ʼn kleinhoewe buite Brits in die Noordwes aangeval is.

Maj. Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê Andries Snyman is omstreeks 04:00 deur drie verdagtes in sy huis oorval. Snyman se seun het gesê hy was in sy kamer toe hy ʼn geluid in die huis gehoor het. Hy het uit sy kamer gekom en gesien hoe sy pa in ʼn struweling met drie mans betrokke is. Die mans was glo met ʼn pistool en messe gewapen.

Toe die mans die seun sien, het hulle op die vlug geslaan. Snyman is drie keer met ʼn mes in die bors gesteek en is op die toneel dood. ʼn Selfoon is ook gesteel.

Volgens Makau het die aanval nie in die hoofhuis op die kleinhoewe plaasgevind nie, maar in ʼn kleiner huis ʼn ent weg van die hoofhuis. Die verdagtes het glo ʼn deur oopgebreek om toegang tot die huis te verkry. Snyman was ʼn werknemer op die kleinhoewe.

“Geen verdagtes is tot op hede in hegtenis geneem nie. ʼn Saak van moord word ondersoek,” het Makau gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

CHRISTA ·

Toemaar, ons liewe HERE se straf is ERGER as die doodstraf!!

Cindy ·

Kry julle feite reg. Daar is nie ‘n deur oopgebreek nie, hulle het deur ‘n venster toegang tot die huis gekry. En hulle het ook nie gevlug toe hulle die seun sien nie, die seun en sy ma is in sy kamer ingedwing, daarna het hulle eers gevlug

pop ·

Cindy, en jou feite is nou doodreg. elkeen las n stert aan. Maroela berig sekerlik net wat hulle meegedeel word. Daars nog n boer dood, simpatiseer eerder as om foute uit te snuffel.

Peet Schabort ·

Verdere nuusberigte meld dat dit was vir R30 en ‘n selfoon.
En die regering handhaaf ‘n stilswye.
Sterkte aan die familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.