Man dood ná bakleiery met sy susters

(Argieffoto)

’n Man is vandeesweek in ’n hospitaal in die Vrystaat dood nadat hy tuis na bewering in ’n bakleiery met sy susters betrokke was.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het Vrydag in ’n verklaring gesê die polisie op Bethlehem is Dinsdagoggend na Jabulani Mguni (41) se huis in die informele nedersetting Bohlokong buite die dorp ontbied waar hulle hom op die vloer aangetref het.

Mguni het beserings aan sy kop en hande gehad en is na ’n plaaslike hospitaal gehaas waar hy later die dag aan sy beserings beswyk het.

Volgens Mbambo het Mguni en sy susters saam in die huis gewoon. Hy het na bewering reeds beseer by die huis aangekom waarna hy en sy susters baklei het. “Hy het glo tydens dié bakleiery geval en gegly,” het Mbambo gesê.

Verskeie voorvalle van huishoudelike geweld is egter voorheen by die Bohlokong-polisie aangemeld nadat Mguni en sy susters in bakleierye betrokke was.

Volgens Mbambo sal die oorsaak van Mguni se dood deur ’n nadoodse ondersoek bevestig word.

Die polisie ondersoek in dié stadium ’n saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
ES

Sjoe… ek is darem maar bly ek is op goeie stand met my sibbe. Mens moet kan staat maak op jou familie in moeilike tye. Tragies.

koos10

Met alle respek, nadat ek Woendag vir CR geluister het het ek begin glo dat alle mans vroueslaners is en alle vroue heeltemal onskuldig is. Geen mens, man of vrou, wit swart of bruin, verdien om aangerand te word nie. Ek het so gehoop hy sou kon sê dat geen mens verdien om te vermoor word nie! Ek is kwaad. Eerstens vir myself dat ek na hom geluister het en geglo het dat hy ons land sal kan lei. Ek is kwaad dat ons mislei is. Ek is kwaad vir ons “leiers” wat NIKS vir ons land en sy mense… Lees meer »