Man dood ná hy in graansilo val

Foto ter illustrasie.

ʼn Man is Maandagoggend dood nadat hy in ʼn graansilo by ʼn Bloemfonteinse fabriek in die Vrystaat geval het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê nooddienste is omstreeks 10:20 na die fabriek ontbied waar die man, vermoedelik in sy 40’s, by die graansilo ingeval het.

Met hul aankoms op die toneel was werkers reeds besig om die graansilo oop te breek om by die man uit te kom. Nooddienste het die werkers bygestaan waarna die man ná ʼn gespook bevry is.

Volgens Meiring het die man geen teken van lewe getoon nie. Paramedici het tevergeefs mond-tot-mondasemhaling toegedien waarna hy 20 minute later op die toneel dood verklaar is.

Verdere besonderhede rakende die voorval is onbekend en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Jakkie ·

Soortgelyke ongelukke het nou al soveel keer gebeur, ek kan nie verstaan waarom werkers nie ‘n harnas met kabel aan het wanneer hulle op die silo moet werk nie. Dit was juis interessant verlede week toe daar ‘n insetsel op TV oor Kanonkop was, dat die werkers wat bokant die oop vate/kuipe werk, almal ‘n harnas met ‘n kabel dra sodat wanneer ‘n ongeluk sou gebeur en iemand inval, die persoon ten minste onmiddellik dmv die harnas/kabel uitgehaal kan word.

IK ·

Dieselfde wat ek ook dink terwyl ek die berig lees. Veiligheidsgordels veroorsaak gewoonlik ‘n beperking op beweegruimte, daarom word dit nie gebruik. Die ironie is dat indien jy veiligheid oorboord gooi jy vir geruime tyd daarmee wegkom en al makker raak ( my pa se wyse van sê) tot op ‘n dag. Dit geld vir alle potensiële gevare. Ek sou egter ‘uitgehaal’ gebruik i.p.v. ‘vrygelaat’ par.3.

Stefaans ·

Is die slagoffer vrygelaat of bevry? Klink of die berig vertaal is. Was dit nodig om die graansilo te “deurboor”?

J. van Rensburg ·

Laat my nou aan ‘n ander voorval dink – ‘n goeie vriend – hy is ‘n elektrisiën – werk saam met twee kollegas aan oorhoofse drade terwyl hulle ‘n ‘n soort “mandjie” toestel staan, en die knippe wat hierdie toestel op sy “voetstuk” moet hou gee mee en die “mandjie” val so 8 meter na benede. wat ‘n redelike ernstige besering aan my vriend veroorsaak. Toe word die mans die skuld gegee omdat hulle nie harnasse gedra het nie, maar sê bietjie, was hulle dan veronderstel om diê harnasse aan die drade waaraan hulle gewerk het, vas te knip??? Met ander woorde, dit was HULLE skuld, en nie dié van die onderhoudspan op die grond wat moet toesien dat die toerusting veilig is nie… Nee kyk – dis makliker om die blaam op iemand anders te plaas i.p.v. jou werk ordentlik te doen wanneer toerusting nie deur die onderhoudspan nagegaan word alvorens diewerkers dit moet gebruik nie…

CHANTELLE ·

o jinne dis verskriklik
seker daai man het nooit gedink hy sal so n dood sterf nie
My innige meegevoel aan sy familie ek hoop sy lewe was reg
ai

fish ·

Help my asb. Ek weet die mense wat sterf, sterf van versmooring. Maar my vraag is, is dit verwerkte graan poeier/meel of kan mens ook wegsak met ‘nie-verwerkte’ graan?

Dalk ·

As dit nie verwerkte graan is, sak jy nie in nie. Enkel diepte, miskien tot by jou kniee maar dis al.
Hulle het n fout gemaak om die silo af te breek, die boonste mielies beweeg eerste, so dit het die man verswelg en toe versmoor. Die beste plan was om iets van bo af te laat afsak en die man uit te haal. Tensy die silo leeg was en die man direk opdie vloer geval het, maar dan maak dit nie sin om die silo “af te breek” nie. Maar ek weet nie die presiese toedrag van sake hier nie maar hoop ek kon jou vraag antwoord oor die wegsak

Heksie ·

Daai graansilos het my respek … ek is seker mens word vasgedruk en en versmoor op die ou end, en so wil niemand seker sterf nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.