ʼn Man is dood toe hy Woensdagaand tydens ʼn aanval op ʼn kleinhoewe in die Haenertsburg-omgewing in Limpopo erg aangerand en glo geskiet is.
Marius Jacobs, stigter van die Watchdog Tzaneen-inisiatief en bedryfsbestuurder van Canine Security, het aan Maroela Media gesê die man en sy vrou is op die kleinhoewe deur twee aanvallers oorval.
Albei is aangerand, maar die vrou is nie so ernstig soos haar man beseer nie. Jacobs sê hy het verneem die man is ook in sy been geskiet.
Volgens Jacobs het die aanvallers met talle vuurwapens op die vlug geslaan. Die man is na ʼn hospitaal gehaas waar hy vanoggend dood is.
Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het die aanval aan Maroela Media bevestig en gesê die polisie sal binnekort meer inligting bekendmaak.
Hou Maroela Media dop vir meer.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Sterkte aan die familie – wanneer gaan dit ophou – elke dag word ‘n boer aangeval, geskiet, vermoor en nooit hoor jy skuldiges is aangekeer of gevonnis nie. Wanneer gaan dit alles ophou.
Dit raak tyd dat die regerings lede aangerand en vermoor word
Is daar ‘n luis van voorvalle in 2017?
Daar is nou daagliks plaasaanvalle. Kry egter so min media dekking dat dit ongesiens verby gaan. Wonder of iemand – dalk Agriforum, vir ons statistieke kan publiseer asseblief.
Hierdie land is onomkeerbaar verrot, verseker ñ teelaarde vir mense om wet in eie hande te neem.