Man dood ná kleinhoewe-aanval

Argieffoto (Foto: holmespj, Pixabay)

ʼn Man is dood toe hy Woensdagaand tydens ʼn aanval op ʼn kleinhoewe in die Haenertsburg-omgewing in Limpopo erg aangerand en glo geskiet is.

Marius Jacobs, stigter van die Watchdog Tzaneen-inisiatief en bedryfsbestuurder van Canine Security, het aan Maroela Media gesê die man en sy vrou is op die kleinhoewe deur twee aanvallers oorval.

Albei is aangerand, maar die vrou is nie so ernstig soos haar man beseer nie. Jacobs sê hy het verneem die man is ook in sy been geskiet.

Volgens Jacobs het die aanvallers met talle vuurwapens op die vlug geslaan. Die man is na ʼn hospitaal gehaas waar hy vanoggend dood is.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het die aanval aan Maroela Media bevestig en gesê die polisie sal binnekort meer inligting bekendmaak.

Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Annie ·

Sterkte aan die familie – wanneer gaan dit ophou – elke dag word ‘n boer aangeval, geskiet, vermoor en nooit hoor jy skuldiges is aangekeer of gevonnis nie. Wanneer gaan dit alles ophou.

Johan ·

Dit raak tyd dat die regerings lede aangerand en vermoor word

Joey ·

Daar is nou daagliks plaasaanvalle. Kry egter so min media dekking dat dit ongesiens verby gaan. Wonder of iemand – dalk Agriforum, vir ons statistieke kan publiseer asseblief.

Eksteen ·

Hierdie land is onomkeerbaar verrot, verseker ñ teelaarde vir mense om wet in eie hande te neem.

Vryheid ·

Plaasaanvalle sal nie stop nie
Boere moet opstaan en betoog. Kyk die taxidrywers kry dit reg om die hele Jhb tot stilstand te bring. Niemand keer hulle nie. Ons moet opstaan soos een man, hulle dink ons is bang en weerloos.

anton ·

Ek begin dink ons is bang en weerloos want niemand doen iets of kom selfs met n werkende plan na vore nie. Betoog gaan ons niks help nie. Hulle gaan ons uitlag en hul nie aan ons steur nie.
Die Afrikaner is ongelukkig leier loos!!!

Michael ·

Met wapens gevlug…. lyk vir my van die boere bewapen die skurke pleks handig hulle die wapens in nou veroorsaak hulle dat ander onskuldige boere met hulle wapens aangeval word.

Riaan ·

Kom ons veroorsaak n bloed tekort in dié land, waar bloed so mildelik vloei. Ons weier om verder, enige bloed te skenk, by die bloedbanke. Ons hou ons bloed, vir ons self. Ons bloed, is in elk geval niks werd, in dié land nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.