Man dood ná motor hom op hoofweg tref

Die toneel op die N1 Suid tussen die Malibongwe en die Beyers Naude (Foto: Russel Meiring/ER24)

Die toneel op die N1 Suid tussen die Malibongwe en die Beyers Naude (Foto: Russel Meiring/ER24)

ʼn Man wat vermoedelik in sy 30’s is, is Saterdag oorlede ná ʼn bakkie hom op die N1-Suid tussen die Malibongwe- en Beyers Naude-afdraai in Randburg getref het.

Volgens Russel Meiring, ER24-woordvoerder, het lede van die publiek reeds begin om kardiopulmonêre resussitasie op die man toe te pas toe nooddienste op die toneel opgedaag het.

ER24-nooddienste het ingegryp, maar die man het geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.

Die bakkie het op sy dak gelê en die motoris, wat in ʼn kritieke toestand was, is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas.

In ʼn ander voorval op die N2 by die Glenugie- en Kingsweg-aansluiting in KwaZulu-Natal, is ʼn  voetganger in ʼn bedenklike toestand nadat hy deur ʼn motor getref is toe hy oor die pad wou hardloop.

Die man het eers die enjinkap van die motor getref voor hy deur die impak deur die lug geslinger is.

Verskeie nooddienste het die man gestabiliseer voor hy na ʼn hospitaal vervoer is. Die bestuurder van dié motor het slegs geringe beserings opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

pieterdp ·

Die is omdat die verkeers poliesie op elke moontlik stop staan en die motor ruste verstreurd. In plaas van hul patrolies doen en die voetgangers verwyder en beboed wat op snelwee rond loop.

Maar nou die kersie op die koek. Op die N4 het jul nou voetgangers oopeninge aan gebring. Daar is geen waarskuwings tekins op gerug om wel die motorrus te waarsku om uit tekyk vir voetgangers nie.

Cyril Blackburn ·

Dagsê Peter

Dankie vir jou boodskap. Ons vra om verskoning vir die growwe tikfout. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Cyril
nms Maroela Media

Linda Koekemoer ·

Ja my seun is dood omdat n dom idioot voor hom ingehardloop het op die N2. My seun was op sy motorfiets.

allak ·

Ek verstaan nie die 2de deel van die brrig nie,die N1 loop van Kaapstad na Beitbrug kom nie naby Natal nie.??

Cyril Blackburn ·

Dagsê Allak

Dankie vir jou boodskap. Ons vra om verskoning vir die growwe tikfout. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Cyril
nms Maroela Media

Christa ·

Voetgangers op die snelweg is onwettig. Die verkeerspolisie moet hulle arresteer!! Hulle stel nie net hulle eie lewens in gevaar nie, maar ook die van die motoriste en hulle passasiers!!

Will i am ·

Alles wat onwettig is in die land is mos eintlik wettig

ken van benoni ·

Baie van die voetgangers is dan nog gedrink ook. Die gevaar vir motoriste is hoog en dan praat ons nie eens van die skade aan voertuie nie. Verkeerspolisie moet hulle arresteer en beboet soos in die vorige bestel. Maar ons weet almal dit sal nie gebeur nie

Pop ·

Ag toe nou spelling en jou, dalk is die man nie afrikaans soos julle nie. Kan portugees of spaans of italiaans wees. Hou op lelik wees. Tipies afrikaans. Soek net fout want ons is mos so sonder foute en sondes. Sies man

My tweesent bydrae ·

Daar is dan borde op snelwee wat waarsku teen voetgangers . Maak dit sin ?

Veronica ·

Voeg my stem by die koor: voetgangers hoort nie op die snelwëe nie!!! VERKEERBEAMPTES: DOEN JULLE WERK! IPV OM IN PATROLLIEMOTORS TE SIT EN SLAAP OF KENTUCKY TE SIT EN EET!! LAAI OOR-DIE PAD- HARDLOPERS OP EN GAAN SLUIT HULLE TOE!!! So werk jy en verdien jy jou salaris!!

Jannie ·

Ons is ook seker die enigste land waar smouse, ruitwassers en bedelaars toegelaat word om by elke verkeerslig tussen die karre rond te drentel. Dit en die onvermydelike “parkeerwagte” by elke liewe parkeerplek is dinge wat my erg irriteer.

Jannie ·

Kan iemand vir my verduidelik hoekom ‘n sekere gedeelte van ons bevolking in die pad loop in plaas van op die sypaadjie? Ek verstaan dit nie, bang vir honde miskien?

Alien ·

En in Bronkhorstspruit stap hulle so 6 langs mekaar die hele pad vol versprei en hou verkeer op want dit stap rustig en gesels en rook in hulle skoolklere, Taxi jaag oor Rooi Ligte, Stop Tekens, stop in die middel van die pad en laai kinders af, maar kom by die hek van die skool dan trek die Metro Polisie jou eers af en maak jou en jou kinders laat maar spreek nie die werklike probleem aan nie.

Estelle ·

Dit is nie net voetgangers wat n gevaar inhou vir motoriste nie, diere ook. Hier naby ons loop skape vanaf die nedersetting oor n baie besige pad na die gras aan oorkant. Ek weet al van die skape en daar is ook fotos geneem en klagtes aangemeld. Sal maar sien of daar gehoor gegee sal word.

Asjas ·

Ek se gewoonlik niks nie want my Afrikaanse spelling is ook nie perfek nie. Ek lees ELKE kommentaar, maar ‘n swak geskryfde kommentaar vol spel foute lees regtig moeilik, ek gee halfpad op en dan het daardie persoon se opinie of wat hy of sy ookal wou my en talle ander nie bereik nie. Dit gaan nie oor kritiek nie. As jy iets het om te se, maak seker mense hoor jou en dat hulle jou verstaan, sommige kommentaar is regtig ‘n gebabbel en onverstaanbaar.

Marietjie Hancox ·

Regtig? Voetgangers op hoofweg?! Mense wat wet oortree kom daarmee weg en die victims word aangekla, in die geval van moord.

Nel ·

Hehehehe – dan moet julle liefs nooit die Trans-Kalahari deur Botswana aandurf nie!!

Aslan ·

Die N2 deur Transkei is ‘n nagmerrie.
Die N2 tussen Richardsbaai en Durban is ‘n sirkus, beeste, bokke, vrugtesmouse en voetgangers is oral. By die tolhekke word gesteelde stegies wat in nat sand geruk is aan mense jou verkoop as ‘n plante. A.g.v. onwettiges op die N2 was ons ‘n ‘n baie groot motorongeluk betrokke, 5 motors was betrokke – 4 beswope mense het die ongeluk veroorsaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.